Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Christopher Wren

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel bevat nie ’nbronnelys nie, wat beteken dat die inhoud niegeverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.
Christopher Wren
Doopnaam:Christopher Wren
Geboorte:20 Oktober 1632; East Knoyle, Wiltshire, Engeland
Oorlede:25 Februarie 1723; Londen, Engeland
Beroepsvelde:Argitektuur,fisika,wiskunde ensterrekunde

Sir Christopher Wren (20 Oktober163225 Februarie1723) was 'nBritsewetenskaplike en argitek. Wren het 53 kerke ontwerp, waaronder St. Paul se Katedraal, asook baie ander merkwaardige geboue. Hy was ook die stigter van dieRoyal Society (waarvan hy president was van 1680 - 1682) en sy wetenskaplike werke is deur beide SirIsaac Newton enBlaise Pascal aangeslaan.

Wren is na sy dood in Sint Paul se Katedraal begrawe. Die opskrif op die eenvoudige grafsteen leesLector, si monumentum requiris, circumspice: "Leser, as u sy monument soek, kyk om u heen". Dit is veral vir dié gebou dat Wren vandag nog bekend is; die katedraal is een van die min in Engeland wat na dieMiddeleeue gebou is. Ná die Groot Brand van Londen in 1666 is Wren genader om die ruïnes van die verwoeste katedraal opnuut te laat herrys. Wren was gefassineer deur die koepels wat hy tydens sy besoeke aan Frankryk gesien het en die ontwerp en die bou van die katedraal het van 1675 tot 1710 geduur.

In die tussentyd het Wren baie ander gebou ontwerp, waaronder 50 ander kerke, waarvan baie nog steeds bestaan. Hy het ook 'n monument ter herinnering aan die verwoestende brand ontwerp, wat algemeen bloot as "Die Monument" bekend staan.

Galery

[wysig |wysig bron]

'n Paar van Wren se ontwerpe:

  • Die Sheldonian Theatre in Oxford
    DieSheldonian Theatre in Oxford
  • Tom-toring, Christ Church, Oxford
    Tom-toring, Christ Church, Oxford
  • Die Monument, Londen
    Die Monument, Londen
  • Greenwich-hospitaal, Londen
    Greenwich-hospitaal, Londen
  • Hamton-hofpaleis, Surrey
    Hamton-hofpaleis, Surrey
  • Sint Paul se Katedraal, Londen
    Sint Paul se Katedraal, Londen
  • Die Koninklike Sterrewag, Greenwich, Londen
    Die Koninklike Sterrewag, Greenwich, Londen
  • Die Wren-biblioteek, Cambridge
    Die Wren-biblioteek, Cambridge
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
Presidente van dieRoyal Society
17de eeu
18de eeu
19de eeu
20ste eeu
21ste eeu
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Christopher_Wren&oldid=2662027"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp