'nChondrule (van die antiekeGriekse χόνδροςchondros, "korrel") is 'n ronde korrel wat in 'nchondriet voorkom. Chondrules vorm as gesmelte of deels gesmelte druppels in die ruimte voordat hulle deur 'nasteroïde aangetrek word.
Omdat chondriete een van die oudste soliede materiale in diesonnestelsel[1] en vermoedelik die boustene van dieplaneetstelsel is, is 'n begrip van die vorming van chondrules belangrik om die aanvanklike ontwikkeling van die planeetstelsel te verstaan.
Verskillende soorte van die klipperige, niemetaalagtigemeteoriete wat chondriete genoem word, bevat verskillende hoeveelhede en groottes chondrules. Oor die algemeen bevatkoolstofdraende chondriete die kleinste persentasie chondrules (volgens volume), insluitende die CI-chondriete, wat geen chondrules bevat nie al word hulle chondriete genoem, terwyl gewone en enstatietchondriete die meeste bevat. Omdat 80% van diemeteoriete wat dieAarde tref gewone chondriete is, en omdat gewone chondriete 60-80% chondrules bevat, bestaan die grootste deel van die meteorietmateriaal wat die Aarde tref (uitgesonder stof), uit chondrules.
Chondrules kan in deursnee wissel van 'n paar mikrometer tot meer as 1 cm. Hulle is die kleinste in CH-, CM- en CO-chondriete, van gemiddelde grootte in CR-, CV-, L-, LL- en R-chondriete en die grootste in sommige CB-chondriete.[2]