|
| Algemeen |
|---|
| Naam,Simbool,Getal | Chloor, Cl, 17 |
| Chemiese reeks | halogene |
| Groep,Periode,Blok | 17,3 ,p |
| Digtheid,Hardheid | 3.214kg/m3 |
| Voorkoms | gelerig groen
 |
| Atoomeienskappe |
|---|
| Atoomgewig | 35.453ame |
| Atoomradius (bereken) | 100 (79)pm |
| Kovalente radius | 99 pm |
| van-der-Waalsradius | 175 pm |
| Elektronkonfigurasie | [Ne]3s2 3p5 |
| e− e perenergievlak | 2, 8, 7 |
| Oksidasietoestande (oksied) | ±1,3,5,7 (sterksuur) |
| Kristalstruktuur | ortorombies |
| Fisiese eienskappe |
|---|
| Toestand van materie | gas (nie-magneties) |
| Smeltpunt | 171.6K (-101.55 °C) |
| Kookpunt | 239.11 K (-34.04 °C) |
| Verdampingswarmte | 10.2kJ/mol |
| Smeltingswarmte | 3.203 kJ/mol |
| Dampdruk | 1300Pa |
| Henry se konstante | 8,2 x 10-2 [L/mol.atm] 2480 [K][1] |
| Spoed van klank | Geen Data |
| Kritieke punt | T= 143,75°C; P=7,977 MPa; ρ=573,0 kg/m3[2] |
| Algemeen |
|---|
| Elektronegatiwiteit | 3.16 (Pauling skaal) |
| Spesifieke warmtekapasiteit | 480J/(kg*K) |
| Elektriese geleidingsvermoë | geen data |
| Termiese geleidingsvermoë | 0.0089W/(m*K) |
| 1steionisasiepotensiaal | 1251.2 kJ/mol |
| 2de ionisasiepotensiaal | 2298 kJ/mol |
| 3de ionisasiepotensiaal | 3822 kJ/mol |
| 4de ionisasiepotensiaal | 5158.6 kJ/mol |
| 5de ionisasiepotensiaal | 6542 kJ/mol |
| 6de ionisasiepotensiaal | 9362 kJ/mol |
| 7de ionisasiepotensiaal | 11018 kJ/mol |
| 8ste ionisasiepotensiaal | 33604 kJ/mol |
| 9de ionisasiepotensiaal | 38600 kJ/mol |
| 10de ionisasiepotensiaal | 43961 kJ/mol |
| Mees stabiele isotope |
|---|
|
| SI eenhede &STD word gebruik tensy anders vermeld. |
|---|
Chloor (vanuit dieGrieksChloros, wat "bleekgroen" beteken), is diechemiese element in dieperiodieke tabel met dieatoomgetal 17 en simboolCl. Dit is 'nhalogeen en word ingroep 17 gevind. Chloorgas is 'ngroenerigegeelgas en is twee keer swaarder aslug, dit het 'n intense onwelriekende verstikkende reuk en is uitersgiftig. Dit is 'n kragtigeoksideer-, bleik- en ontsmettingsmiddel. In verbinding mettafelsout en baie ander stowwe, is dit oral in oorvloed in die natuur te vinde en is 'n lewensnoodsaaklike element.
Die suiwer chemiese element het die fisiese vorm van 'ndiatomiese groen gas. Die naam chloor is afgelei vanuit die Griekse woordchloros wat groen beteken en verwys juis na die gas sekleur.
Die element is 'n lid van diesoutvormende halogeenreeks en word verkry vanuit die chloriedsoute deur middel vanoksidasie en meer algemeen met behulp vanelektrolise. Chloor vorm geredelik verbindings met byna al die ander elemente. Teen 10 °C sal eenliter water 3.10 liter chloor oplos maar teen 30 °C sal slegs 1.77 liter chloor in water oplos.
Chloor is 'n belangrike chemikalie inwatersuiwering, in ontsmettingsmiddels asook bleikmiddels en kom ook voor inmosterdgas.
Chloor word ook gebruik in die vervaardiging van baie alledaagse artikels.
- Dit word in die vorm vanhipochloriet gebruik ombakterieë en ander mikrobe indrinkwater enswembaddens dood te maak.
- Dit word algemeen gebruik tydens die vervaardiging van papier, ontsmettingsmiddels, kleurstowwe, voedsel, insekdoders, verwe, petroleumprodukte, plastieke, medisyne, tekstiel, oplosmiddels en vele ander verbruikersgoedere.
Organiese chemie maak op groot skaal van hierdie element gebruik as 'n oksideermiddel en in substitusie-reaksies omdat chloor dikwels baie verlangde eienskappe aan 'norganiese verbinding verleen wanneer dit 'nwaterstofatoom in die verbinding vervang (soos in sintetiese rubbervervaardiging).
Ander gebruike is die vervaardiging van chlorate,chloroform,koolstoftetrachloried enbroomekstraksie.
Chloor is in1774 deurCarl Wilhelm Scheele ontdek, wat verkeerdelik gedink het dit bevatsuurstof. Chloor is in1810 deurHumphry Davy benoem, wat daarop aangedring het dat die stof inderwaarheid 'n element is.
In die natuur word chloor slegs in die vorm van die chloriedioon teëgekom. Chloriede maak baie van diesoute uit wat in die Aarde seoseane opgelos is — 1.9% van die massa van seewater is chloriedione. Selfs hoër konsentrasies chloriede kan in dieDooie See en in ondergrondse brakwaterbronne gevind word.
Die meeste chloriede is oplosbaar in water, dus word chloriede in vastestofvorm slegs in oorvloed in droë klimate gevind of dan diep ondergronds. Algemene chloriedminerale sluithaliet (natriumchloried),silwiet (kaliumchloried), enkarnaliet (kaliummagnesiumchloriedheksahidraat) in.
In die nywerheid word elementêre chloor gewoonlik deur dieelektrolise van natriumchloried wat in water opgelos is vervaardig. Saam met chloor, lewer hierdie chloralkaliproses,waterstofgas ennatriumhidroksied volgens onderstaande chemiese vergelyking
- 2NaCl + 2H2O → Cl2 +H2 + 2NaOH
Verbindings van chloor sluitchloriede,chloriete,chlorate,perchlorate, chloramiene in.
Daar bestaan twee stabieleisotope van chloor, met massa's 35 en 37 respektiewelik en word in 'n 3:1 relatiewe verhouding aangetref, wat aan chlooratome 'n skynbare atoommassa van 35,5 gee. Chloor het altesaam 9 isotope met massagetalle wat wissel vanaf 32 tot 40. Slegs drie van hierdie isotope kom natuurlik voor: die stabiele Cl-35 (75,77%) en Cl-37 (24,23%) en dan dieradio-aktiewe Cl-36. Die verhouding van Cl-36 tot stabiele Cl in die omgewing is ongeveer 700 E-15:1. Cl-36 ontstaan deur splytsing vanAr-36 in die atmosfeer as gevolg van neutronvangs deur Cl-35 of muonvangs deurCa-40. Cl-36 ontbind naS-36 enAr-36 met 'n gekombineerdehalfleeftyd van 308 000 jaar. Die halfleeftyd van die hidrofiliese onreaktiewe isotope maak dit geskik vir die doeleindes van geologiese datering in die omtrek van 60 000 tot 1 miljoen jaar. Groot hoeveelhede Cl-36 het ontstaan tydens die atmosferiesekernwapenontploffings tussen 1952 en 1958. Die residensietyd van Cl-36 in die atmosfeer is ongeveer 1 week. Dus vir die doeleindes van nasporing van veranderinge ingrond engrondwater is Cl-36 ook 'n nuttige tydmerker om water se oorsprong van 50 jaar tot die hede vas te stel. Cl-36 is ook al in geologiese studies gebruik om ys en sedimente te dateer.
Chloor veroorsaak irritasie in dieasemhalingstelsels van veral kinders en oumense. In sy gasvorm irriteer dit die neusmembrane en in vloeistofvorm brand dit dievel. Dit neem so min as 3,5 dpm om die reuk van chloor te onderskei maar dit verg meer as 1000 dpm vir 'n noodlottige dosis. Dis om hierdie rede dat chloor tydens dieEerste Wêreldoorlog gebruik is vir chemiese oorlogvoering
Blootstelling aan hierdie gas behoort nie 0,5 dpm (8-uur geweegde gemiddelde – 40 uur week) te oorskry nie.
Akute blootstelling aan hoë (dog nie-noodlottige) konsentrasies chloor kan pulmonêre edeem, of dan vloeistof in die longe ('n uiters onaangename toestand), veroorsaak. Kroniese lae-vlakblootstelling verswak die longe wat die vatbaarheid van ander longsiektes verhoog.
Toksiese dampe kan vrygestel word wanneer bleikmiddels meturine,ammoniak en ander skoonmaakmiddels gemeng word. Hierdie dampe bestaan uit 'n mengsel van chloorgas en stikstoftrichloried; en vermenging van hierdie stowwe moet vermy word.
Chloor kan deur dieelektrolise van 'n natriumchloriedoplossing vervaardig word. Daar bestaan drie industriële metodes vir die onttrekking van chloor deur middel van elektrolise:
Kwiksel-elektrolise is die eerste metode wat gebruik is om chloor op industriële skaal te vervaardig.Titaan-anodes word bo 'n vloeibare kwikkatode gemonteer en 'n oplossing vannatriumchloried word dan tussen die elektrodes ingepomp. Wanneer 'n elektriese stroom tussen die elektrodes begin vloei, word chloor by die titaananodes vrygestel, terwyl die natrium in die kwik-katode oplos om 'n amalgaam te vorm.
Dieamalgaam kan hergenereer word deur die kwik met water te laat reageer wat dan waterstof en natriumhidroksied vrystel. Albei is baie nuttige byprodukte.
Die metode vereis groot hoeveelhede energie en daar is ook ernstige bedenkinge oor kwik in uitvloeisels.
'nAsbesdiafragma word op 'n roosterkatode van yster neergeslaan wat voorkom dat chloor wat by die anode vorm en die natriumhidroksied wat by die katode vorm, weer meng.
Hierdie metode gebruik minder energie maar dienatriumhidroksied word nie so maklik gekonsentreer en neergeslaan as 'n bruikbare produk nie.
Die elektrolitiese sel word in twee verdeel deur 'n membraan wat as 'nioonuitruiler optree. 'n Versadigde natriumchloried oplossing word in die anode kompartement geplaas terwyl die katode kompartement gedistilleerde water bevat.
Die metode is byna net so effektief soos die diafragmasel maar produseer suiwer natriumhidroksied.
 | Wikimedia Commons bevat media in verband metChlorine. |
 | Sienchloor in Wiktionary, die vrye woordeboek. |