Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Chinhoyi

Koördinate:17°22′0″S30°12′0″O / 17.36667°S 30.20000°O /-17.36667; 30.20000
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Chinhoyi

(vroeërSinoia)
Chinhoyi is in Zimbabwe
Chinhoyi
Chinhoyi
Koördinate:17°22′0″S30°12′0″O / 17.36667°S 30.20000°O /-17.36667; 30.20000
LandVlag van Zimbabwe Zimbabwe
ProvinsieMasjonaland-Wes
Stigting1906
Bevolking
 • Totaal56 794
TydsoneUTC+2 (SAT)
 • SomertydUTC+1

Chinhoyi (vroeërSinoia) is 'n dorp in die noordweste van Zimbabwe en die hoofstad van die provinsieMasjonaland-Wes. Dit is 116 km noordwes vanHarare en 87 km suidoos vanKaroi geleë aan die hoofpad wat tot by die grenspos aan dieZambezirivier metZambië en dieKaribameer strek en aan die Lomagundi-syspoorlyn.

Die dorp is genoem na hoofman Chinhoyi en het in Julie 1946 dorpstatus verkry. Dit was tot en met die ontwrigting van die vroeë 21ste eeu die middelpunt van 'n vooruitstrewende tabak-, mielie- en beesboerderygebied. Koper en kalksteen word op 'n redelike skaal in die gebied ontgin.

Die dorp se beraamde bevolking was in 2009 60 713, vergeleke met 13 360 volgens die sensus van 1969, waarvan 11 560 swartes, 1 557 wittes en 240 Asiërs en bruines.

Bronne

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Chinhoyi&oldid=2433462"
Kategorie:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp