DieChicago White Sox[1] is 'n Amerikaanse professionelebofbalspan wat gebaseer is inChicago. Die White Sox ding mee inHoofligabofbal (MLB) as 'n lid van die Amerikaanse Liga (AL) se Sentrale Divisie (AL-Sentraal). Die klub speel sy tuiswedstryde by Guaranteed Rate Field, wat in die suide van Chicago geleë is. Die span is een van twee MLB spanne wat in Chicago gebaseer is, saam met dieChicago Cubs van die Nasionale Liga (NL).
Die White Sox was oorspronklik deel van dieWestern League (1885–1900), en is gestig as dieSioux City Cornhuskers in 1894, waarna die span verhuis het naSaint Paul, Minnesota, as dieSt. Paul Saints, maar uiteindelik teruggekeer het na Chicago in 1900. DieChicago White Stockings was een van die Amerikaanse Liga se agt "charter franchises" toe die AL in 1901 hoofligastatus bekom het. Die span, wat sy naam in 1904 na die White Sox verkort het, het oorspronklik hul tuiswedstryde by South Side Park gespeel, voordat hulle in 1910 na Comiskey Park verhuis het, waar hulle gespeel het tot 1990. Die span het na hul huidige stadion verskuif vir die 1991-seisoen. Die stadion, wat oorspronklik ook bekend was as Comiskey Park soos sy voorganger, is later geborg deurU.S. Cellular.[2]
Die White Sox het hul eerste Wêreldreeks in 1906 teen die Cubs gewen met 'n span wat op verdediging gefokus was en wat as "die Hitless Wonders" bekend gestaan het. Die span het later die 1917-Wêreldreeks teen dieNew York Giants gewen. Hul volgende verskyning in die 1919 Wêreldreeks is ontsier deur die Black Sox-skandaal, met agt lede van die White Sox wat betrokke was by wedstrydknoeiery. Die White Sox het die Wêreldreeks verloor teen dieCincinnati Reds. In reaksie hierop het die nuwe kommissaris van bofbal, Kenesaw Mountain Landis, die spelers lewenslank uit die liga verban. Die White Sox het sedert die skandaal nog net in twee Wêreldreekse verskyn. Die eerste verskyning was in 1959, waartydens hulle teen dieLos Angeles Dodgers verloor het, voordat hulle uiteindelik hul derde kampioenskap in 2005 gewen het teen die Houston Astros. Die 88 seisoene wat dit die White Sox geneem het om die Wêreldreeks te wen is die langste kampioenskapsdroogte in die Amerikaanse Liga, en die tweede langste in albei ligas, ná die Cubs se 108 seisoene.
Van 1901 tot 2023 het die White Sox 'n algehele wen-verloor rekord van 9,553 wedstryde gewen, 9,491 wedstryde verloor en 103 wedstryde gelykop gespeel ('n wenpersentasie van .502).[3]
1919 Black Sox-skandaal spanfotoEd Walsh hou die rekord vir die laagste verdiende lopiegemiddeld ("earned run average", of afgekort, ERA) van 1.82.
Die White Sox het ontstaan as die Sioux City Cornhuskers van die Westelike Liga, 'n minor league-span onder die parameters van die Nasionale Ooreenkoms met die Nasionale Liga. In 1894 het Charles Comiskey die Cornhuskers gekoop en hulle naSaint Paul, Minnesota verskuif, waar hulle bekend gestaan het as die St. Paul Saints. In 1900, met die goedkeuring van die president van die Westelike Liga, Ban Johnson, het Charles Comiskey die Saints verskuif na sy tuisdorp Armour Square, Chicago, waar hulle die Chicago White Stockings geword het, die voormalige naam van Chicago se Nasionale Liga-span, die Orphans (nou dieChicago Cubs).[4]
In 1901 het die Westelike Liga die Nasionale Ooreenkoms verbreek en die nuwe hoofliga, die Amerikaanse Liga, geword. Die eerste seisoen in die AL het met 'n kampioenskapsoorwinning vir die White Stockings geëindig.[5] Dit sou egter die einde van die seisoen wees, aangesien dieWêreldreeks eers in 1903 sou begin.[6] Die franchise, nou bekend as die Chicago White Sox, het sy eerste Wêreldreeks-verskyning in 1906 gemaak en die Cubs in ses wedstryde geklop.[7]
Die White Sox het 'n derde wimpel en 'n tweede Wêreldreeks in 1917 gewen, met 'n oorwinning in ses wedstryde oor die New York Giants met die hulp van sterspelers soos Eddie Cicotte en "Shoeless" Joe Jackson.[8] Die Sox was die gunstelinge in die 1919-Wêreldreeks, maar het teen dieCincinnati Reds in agt wedstryde verloor. Groot weddenskappe op die Reds het bespiegelinge aangevuur dat daar wedstrydknoeiery was. 'n Kriminele ondersoek het voortgeduur in die 1920-seisoen, en hoewel alle spelers vrygespreek is, het die bofbalkommissaris Kenesaw Mountain Landis agt van die spelers lewenslank verban, in wat bekend staan as die Black Sox-skandaal.[9] Dit het die franchise skade berokken, aangesien hulle daarna vir 40 jaar nie 'n wimpel kon wen nie.
Die White Sox het eers weer ná die dood van die stigter en eienaar van die span, Charles Comiskey; toe eienaarskap van die klub oorgegaan het na sy seun J. Louis Comiskey; in die boonste helfte van die Amerikaanse Liga geëindig.[10] Hulle het die meeste jare tussen 1936 en 1946 in die boonste helfte geëindig, onder leiding van hul bestuurder Jimmy Dykes, en met sterspelers soos Luke Appling as "shortstop" (kortstop) (ook bekend as "Ol' Aches and Pains") en Ted Lyons as bouler. Albei hul nommers (4 en 16) is later afgetree.[11]
Nadat J. Louis Comiskey in 1939 gesterf het is eienaarskap van die klub aan sy weduwee, Grace Comiskey, oorgedra. Die klub is later in 1956 oorgedra aan Grace se kindersDorothy enChuck in, met Dorothy wat 'n meerderheidsaandeel verkoop het aan 'n groep gelei deur Bill Veeck na die 1958-seisoen.[12] Veeck was berug vir sy promosietruuks, en het aanhangers na Comiskey Park gelok met die nuwe "ontploffende telbord" en buiteveldstort. In 1961 was Arthur Allyn, Jnr. kortliks in besit van die span, voordat hy dit aan sy broer John Allyn verkoop het.
Al López, bestuurder van die "Go-Go Sox"
Van 1951 tot 1967 het die White Sox hul langste tydperk van volgehoue sukses gehad, met 'n wenrekord (meer wedstryde gewen as verloor) in 17 agtereenvolgende seisoene. Die span was bekend as die "Go-Go White Sox" as gevolg van hul neiging om op spoed te fokus en om op die bofte te vorder teenoor kraghoue, met sterspelers soos Minnie Miñoso,[13] Nellie Fox,[14] Luis Aparicio,[15] Billy Pierce,[16] en Sherm Lollar.[17] Van 1957 tot 1965 is die Sox deur Al López bestuur. Die Sox het in agt van sy nege seisoene in die boonste helfte van die Amerikaanse Liga geëindig, insluitend ses jaar in die top twee van die liga.[18] In 1959 het die White Sox die New York Yankees se oorheersing oor die Amerikaanse Liga beëindig en hul eerste wimpel sedert die berugte 1919-veldtog gewen.[19] Ten spyte daarvan dat hulle wedstryd een van die 1959-Wêreldreeks met 'n telling van 11–0 gewen het, het hulle daarna in ses wedstryde teen dieLos Angeles Dodgers verloor.[20]
Gedurende die laat 1960's en 1970's het die White Sox gesukkel om wedstryde te wen en ondersteuners te lok. Die span het 'n totaal van 20 tuiswedstryde by Milwaukee County Stadium gespeel in die 1968 en 1969 seisoene. Allyn en Bud Selig het ingestem tot 'n ooreenkoms wat Selig beheer oor die klub sou gee en hulle na Milwaukee sou skuif, maar dit is deur die Amerikaanse Liga geblokkeer.[21] Selig het in pleks hiervan die Seattle Pilots gekoop en hulle na Milwaukee verskuif, waar hulle die Milwaukee Brewers sou word, wat enorme druk op die Amerikaanse Liga geplaas het om 'n span inSeattle te baseer. 'n Plan was in plek vir die Sox om na Seattle te verhuis en vir Charlie Finley om syOakland A's na Chicago te skuif. Die stad het egter 'n hernieude belangstelling in die Sox gehad ná die 1972-seisoen, en die Amerikaanse Liga het eerder die uitbreidingspan,Seattle Mariners, bygevoeg. Die 1972 White Sox het die enigste suksesvolle seisoen van hierdie era gehad, en Dick Allen het uiteindelik die Amerikaanse Liga se Mees-Waardevolle-Speler-toekenning gewen.[22] Bill Veeck het in 1975 teruggekeer as eienaar van die Sox, en al het hulle nie veel geld gehad nie, het hulle daarin geslaag om 90 wedstryde in 1977 te wen, met die span wat bekend was as die "South Side Hitmen".
Die span se lotgevalle was egter hierna nie gunstig nie, en hulle is geteister deur verloorseisoene en deur die berugte Disco Demolition Night-promosiefiasko in 1979.[23]
Veeck is gedwing om die span te verkoop, en het aanbiedinge van eienaarskapgroepe wat van plan was om die klub na Denver te skuif verwerp en uiteindelik ingestem om dit te verkoop aan Edward J. DeBartolo, Snr., die enigste voornemende eienaar wat belowe het om die White Sox in Chicago te hou. DeBartolo is egter deur die eienaars verwerp, en die klub is toe verkoop aan 'n groep onder leiding van Jerry Reinsdorf en Eddie Einhorn. Die Reinsdorf-era het goed begin, met die span wat hul eerste divisietitel gewen het in 1983, gelei deur bestuurder Tony La Russa[24] en sterspelers soos Carlton Fisk, Tom Paciorek, Ron Kittle, Harold Baines en LaMarr Hoyt.[25] Gedurende die 1986-seisoen is La Russa afgedank deur die hoofbestuurder Ken Harrelson. La Russa het voortgegaan om in ses Wêreldreekse te verskyn (en het drie daarvan gewen) saam met die Oakland A's enSt. Louis Cardinals, en is uiteindelik ingelyf in Nasionale Bofbal-eregalery.[26]
Harold Baines op tuisbof in 1986Frank Thomas in 1997
Die White Sox het vir die res van die 1980's gesukkel, terwyl Chicago geveg het om hulle in die stad te hou. Reinsdorf wou die verouderende Comiskey Park vervang en het staatsfondse gesoek om dit te doen. Toe gesprekke tot stilstand gekom het, is 'n aanloklike aanbod gemaak om die span naTampa, Florida te skuif.[27] Befondsing vir 'n nuwe stadion is op 30 Junie 1988 op die nippertjie verkry deur die Illinois Staatswetgewer, met die bepaling dat die nuwe stadion gebou moes word op die hoek van 35th en Shields, oorkant die straat van die ou stadion, in teenstelling met die voorstedelike stadion wat die eienaars ontwerp het.[21] Argitekte het aangebied om die stadion te herontwerp op 'n "retro"-grondslag wat by die blokke rondom Comiskey Park sou pas; die eienaarskapgroep was egter vasbeslote dat die openingsdatum van die nuwe stadion in 1991 moes plaasvind, en het die ou ontwerp behou.[28] Die nuwe stadion het in 1991 geopen onder die naam new Comiskey Park. Die stadion, wat in 2003 hernoem is na U.S. Cellular Field en in 2016 as Guaranteed Rate Field, het in die vroeë 2000's baie opknappings ondergaan om dit 'n meer retro-gevoel te gee.
Die White Sox was redelik suksesvol in die 1990's en vroeë 2000's, met 12 wenseisoene vanaf 1990 tot 2005. Eerste bofman Frank Thomas, die aangewese kolwer, het die gesig van die franchise geword, en het sy loopbaan afgesluit as die White Sox se algehele leier in lopies, dubbels, tuislopies, totale bofte en stappe ("walks").[29] Ander groot spelers was Robin Ventura, Ozzie Guillén, Jack McDowell en Bobby Thigpen.[30] Die Sox het die Westelike Divisie in [1993 gewen en was in die eerste plek in 1994, toe die seisoen afgelas is weens die 1994-spelerstaking.
In 2004 is Ozzie Guillén as bestuurder van sy voormalige span aangestel.[31] Nadat hulle tweede in 2004 geëindig het, het die Sox 99 wedstryde en die Sentrale Divisie-titel in 2005 gewen, met sterspelers soos Paul Konerko, Mark Buehrle, A. J. Pierzynski, Joe Crede Orlando Hernández.[32] Die span het die uitspeelwedstryde begin deur die verdedigende kampioen, dieBoston Red Sox, in die Amerikaanse Liga Divisiereeks (ALDS) te oorrompel en dieLos Angeles Angels of Anaheim in vyf wedstryde te klop om hul eerste wimpel in 46 jaar te wen, danksy vier volledige wedstryde deur die White Sox-rotasie.[33] Die White Sox het voortgegaan om die Houston Astros in die 2005-Wêreldreeks te klop en sodoende hul eerste Wêreldkampioenskap in 88 jaar te wen.[34]
Guillén het min sukses behaal gedurende die res van sy ampstermyn, met die Sox wat die Sentrale Division-titel in 2008 gewen het in ná 'n een-wedstryd-uitspeelronde met dieMinnesota Twins.[35] Guillén het die White Sox verlaat na die 2011-seisoen en is vervang deur sy voormalige spanmaat, Robin Ventura. Die White Sox het die 2015-seisoen, hul 115de in Chicago, met 'n rekord van 76–86 voltooi, 'n verbetering van drie wedstryde oor 2014 se span.[36] Die White Sox het hul 9,000ste oorwinning van hul bestaan behaal, met 'n telling van 3–2 teen dieDetroit Tigers op 21 September 2015. Ventura het in 2016 teruggekeer met 'n kerngroep jong spelers bestaande uit onder meer eerste bofman José Abreu Abreu, buiteveldspeler Adam Eaton, José Quintana en Chris Sale.[37] Ventura het bedank ná die 2016-seisoen, waartydens die White Sox met 'n rekord van 78–84 geëindig het. Rick Renteria is hierna bevorder tot bestuurder.
Die White Sox vier hul oorwinning teen dieMinnesota Twins nadat hulle 'n plek verseker het in die uitspeelrondtes van 2008.
Voor die begin van die 2017-seisoen het die White Sox Sale aan die Boston Red Sox, en Eaton aan dieWashington Nationals verruil vir opkomende spelers soos Yoán Moncada, Lucas Giolito en Michael Kopech, wat die begin van 'n opbouperiode ingelui het. Gedurende die 2017-seisoen het die White Sox voortgegaan om die span op te bou, toe hulle 'n ruiltransaksie aangegaan het met die Chicago Cubs ingevolge waarvan hulle die bouler José Quintana geruil het vir onder meer die buiteveldspeler Eloy Jiménez en die bouler Dylan Cease. Dit was die eerste ruiltransaksie tussen die White Sox en Cubs sedert die 2006-seisoen.[38]
Gedurende die 2018-seisoen het die aflosbouler Danny Farquharbreinbloeding opgedoen terwyl hy tussen beurte in die "dugout" was[39] Farquhar het vir die res van die seisoen buite aksie gebly en is onlangs medies geskik gevind om terug te keer na bofbal, ten spyte van sommige dokters wat twyfel uitgespreek het dat hy ten volle sou herstel.[40]
Die White Sox het 'n MLB-rekord gebreek tydens hul veldtog van 100 verlore in 2018, maar die enkelseisoen-uitboulrekord gebreek slegs 'n jaar nadat die Milwaukee Brewers dii in 2017 gedoen het.[41] Op 3 Desember 2018 het Herm Schneider uitgetree na 40 seisoene saam met die span; hy sal sy nuwe rol inneem as onder andere adviseur oor mediese kwessies wat verband hou met vrye agentskap en spelerverkryging. Schneider sal ook voortgaan om 'n hulpbron vir die White Sox-opleidingsafdeling te wees, wat beide die hoof- en kleiner ligavlakke sal insluit.[42]
Op 25 Augustus 2020 het Lucas Giolito die 19de "no-hitter"[43] in White Sox-geskiedenis aangeteken, en sodoende die eerste speler geword sedert Philip Humber se "Perfect Game" in 2012 om die prestasie te behaal. Giolito het 13 "strike outs" behaal, en 74 van die 101 balle wat hy afgelewer het was "strikes". Hy het slegs een kolwer toegelaat om eerste bof te behaal, deur 'n "walk"[44] of 'stappie' aan Erik González in die vierde beurt toe te laat. In 2020 het die White Sox vir die eerste keer sedert 2008 'n uitspeelplek beklink, met 'n rekord van 35–25 in die 2020 MLB-seisoen, maar uiteindelik in drie wedstryde verloor teen dieOakland Athletics tydens die "Wild Card"-reeks. Die White Sox het ook MLB-geskiedenis gemaak deur die eerste span te wees wat onoorwonne was teen linkshandige boulers, met 'n 14–0-rekord.[45] Aan die einde van die seisoen is beide Renteria en die boulafrigter Don Cooper afgedank.[46] Jose Abreu het die 4de White Sox speler geword om die Amerikaanse Liga se mees-waardevolle-speler-toekenning te wen, en sodoende aangesluit by Dick Allen, Nellie Fox en Frank Thomas.[47] Gedurende die buiteseisoen van 2021 het die White Sox vir Tony La Russa teruggebring as hul bestuurder vir 2021.[48] La Russa, wat 76 jaar oud was toe hy aangestel is, het die oudste aktiewe bestuurder in Hoofligabofbal geword.
Op 14 April 2021 het Carlos Rodon die span se 20ste "no-hitter" teen die Cleveland Indians aangeteken. Rodon het die eerste 25 kolwers wat hy teëgekom het "uitgeboul", en is in sy poging om die prestasie te behaal gered deur ongelooflike veldwerk op die eerste bof deur die eerste bofman, Jose Abreu, wat sodoende die eerste uit gekry het in die 9de beurt, voordat Rodon vir Roberto Pérez "raakgeboul" het, en Pérez gevolglik eerste bof bereik het. Pérez was die enigste "baserunner" ('bofhardloper') wat deur Rodon toegelaat is. Rodon het sewe "strike-outs" behaal, en 75 van sy 114 aflewerings was "strikes". Op 6 Junie 2021 het die White Sox die Detroit Tigers 3–0 geklop. Hiermee het Tony La Russa sy 2 764ste wedstryd as bestuurder gewen, en in die proses vir John McGraw verbygesteek vir 2de plek op die algehele wen-lys vir bestuurders. Op 12 Augustus 2021 het die White Sox te staan gekom dieNew York Yankees in die eerste "Field of Dreams"-wedstryd in Dyersville,Iowa. Tim Anderson het 'n twee-lopie 'afstap' ("walk-off") tuislopie geslaan om sodoende die wedstryd 9–8 in die guns van die White Sox te beklink. Die tuislopie was die 15de 'afstap' of "walk-off" tuislopie teen die Yankees in White Sox-geskiedenis; die eerste is geslaan deur "Shoeless" Joe Jackson op 20 Julie 1919, wie se karakter in die rolprentField of Dreams verskyn het. Op 23 September 2021 het die White Sox die Amerikaanse Liga se Sentrale Divisie vir die eerste keer sedert 2008 teen die Cleveland Indians beklink. In 2024 het die White Sox 14 opeenvolgende wedstryde verloor (waarmee hulle hul vorige rekord geëwenaar het), en hierna voortgegaan om van 10 Julie tot 5 Augustus 21 opeenvolgende wedstryde te verloor. Hiermee het die White Sox algeheel die 7de span plek ingeneem wat opeenvolgende loesings betref, en ook die eerste span sedert dieBaltimore Orioles in 1988 geword om 20 opeenvolgende wedstryde te verloor.[49] Op 1 September het die White Sox 'n nuwe franchiserekord opgestel met 107 loesings na 'n 2–0- drag slae teen die New York Mets. Hulle is ook die eerste span sedert die 1965-New York Mets om 3 afsonderlike wendroogtes van 10 of meer wedstryde in een seisoen te hê.[50]
In die laat 1980's het die franchise gedreig om na Tampa Bay te verhuis (soos dieSan Francisco Giants), maar pleidooie deur die goewerneur van Illinois, James R. Thompson, en die staatswetgewer, het gelei tot goedkeuring (met een stem) van openbare befondsing vir 'n nuwe stadion.[51] Die nuwe Comiskey Park (herdoop tot U.S. Cellular Field, met die bynaam "The Cell", in 2003, en Guaranteed Rate Field in 2016) is hoofsaaklik ontwerp en gebou as 'n bofbalstadion (in teenstelling met 'n "veeldoelige" stadion, ná die verbandmaatskappyGuaranteed Rate) in 'n 1960's-styl, soortgelyk aan Dodger-stadion en Kauffman-stadion. Daar was idees vir ander stadionontwerpe[52] wat voorgelê is om die stadion te laat inpas by die omliggende buurt, maar uiteindelik is hulle nie gekies nie. Die park het in 1991 geopen met positiewe reaksie, met baie wat sy wye oop bane, uitstekende siglyne en natuurlike gras geloof (anders as ander stadions van die era, soos Rogers Centre in Toronto ) het. Die park se eerste seisoen het 2 934 154 ondersteuners getrek —destyds 'n bywoningsrekord vir enige Chicago-bofbalspan..[53]
Uitsig vanaf die boonste dek van die destydse U.S. Cellular Field in 2006
Die Sint Paul Saints het aanvanklik hul wedstryde gespeel by Lexington Park.[54] Toe hulle na Chicago se Armour Square woonbuurt verhuis het, het hulle by die South Side Park begin speel, wat voorheen 'nkrieketveld was. Die stadion was geleë aan die noorde van 39th Street (nou Pershing Road) tussen South Wentworth- en South Princeton Avenues.[55] Weens die grootte van die speelveld is min tuislopies geslaan, wat tot die voordeel gestrek het van die White Sox se "Hitless Wonders"-spanne van die vroeë 20ste eeu.[56]
Na die 1909-seisoen het die Sox vyf blokke na die noorde geskuif om in die nuwe Comiskey Park te speel, terwyl die 39th Street-gronde die tuiste geword het van die Chicago American Giants van die Negerligas. Dit is voorgehou as die Bofbalpaleis van die Wêreld, en het oorspronklik 28 000 sitplekke gehad, wat uiteindelik gegroei tot meer as 50 000 sitplekke.[57] Die stadion het bekend geword vir sy vreemde kenmerke, soos die buitestort. Toe die stadion gesluit is na die 1990-seisoen was dit die oudste stadion in Hoofligabofbal.
Op 19 November 2007 het die stede Glendale enPhoenix, Arizona, die eerste sooie gespit van die Cactus League se nuutste lente-oefenfasiliteit. Camelback Ranch, die $76 miljoen, tweespan-fasiliteit, is die nuwe tuiste van beide die White Sox en dieLos Angeles Dodgers vir hul lentekamp. Afgesien van die nuutste bofbalfasiliteite by die stadion met 10 000 sitplekke, sluit die ligging residensiële, restaurant- en kleinhandelontwikkeling, 'n viersterhotel en 'n 18-putjie gholfbaan in. Ander geriewe sluit in hoof- en kleinliga-klubhuise vir twee spanne, vier hoofliga-oefenvelde, agt kleinliga-oefenvelde, twee oefenvelde en parkering om 5 000 voertuie te akkommodeer.[60]
Oor die jare het die White Sox bekend geword vir verskeie uniforminnovasies en veranderinge. In 1960 het hulle die eerste span in die hoof sportsoorte geword wat spelers se vanne op hul spantruie vir identifikasiedoeleindes aangebring het.
Die 1912–1917, 1919–1929, 1931 en 1936–1938 Chicago White Sox kenteken
In 1912 het die White Sox 'n groot "S" in 'n Romeinse-styl lettertipe op die spantrui laat aanbring, met 'n klein "O" binne die boonste lus van die "S" en 'n klein "X" binne die onderste lus. Die logo hou verband met die 1917 Wêreldreeks-kampioenskapspan en die 1919Black Sox. Die donkerblou kenteken met die groot "S" is met slegs 'n paar vlugtige onderbrekings tot 1938 behou (dit is egter tot diep in die 1940's behou, in 'n gewysigde blokstyl). Deur die 1940's was die White Sox-spankleure hoofsaaklik vlootblou, afgewerk met rooi.
Uniformontwerp van 1971 tot 1975
Die White Sox se kenteken in die 1950's en 1960's (dit is eintlik reeds aangeneem tydens die 1949-seisoen) was die woord "SOX" in Gotiese skrif, skuins gerangskik, met die "S" groter as die ander twee letters. Van 1949 tot 1963 was die primêre kleur swart (afgewerk met rooi na 1951). Die kenteken hou verband met dieGo-Go Sox-era.
In 1964 het die primêre kleur teruggekeer na vlootblou, en die weguniforms het van grys na ligblou verander. In 1971 het die span se primêre kleur van koningsblou na rooi verander, met die kleur van hul bofbalpette wat ook na rooi verander het. Die 1971–1975-drag het rooi sokkies ingesluit.
Uniform designs from 1976–1981
In 1976 het die span se uniforms weer verander. Die span se primêre kleur het van rooi na vlootblou verander. Die span het hul uniforms gebaseer op 'n styl wat in die vroeë dae van die franchise gedra is, met wit truie wat tuis gedra is, en blou truie op die pad. Die span het vir die laaste keer in die span se geskiedenis wit sokkies teruggebring. Die sokkies het elke jaar 'n ander streeppatroon gehad. Die span het ook die opsie gehad om blou of wit broeke saam met enige trui te dra. Daarbenewens is die span se "SOX"-logo verander na 'n moderne "SOX" in 'n vet lettertipe, met "CHICAGO" oor die trui geskryf. Laastens het die span se kenteken die silhoeët van 'n kolwer oor die woorde "SOX" vertoon.
Alternatiewe kenteken, wat gebruik is op die pad (1991–2010) en op die alternatiewe swart uniform (1993–tans).
Die nuwe uniforms het ook krae gehad en was ontwerp om gedra te word sonder om die trui in te steek by die broek— albei ongekend. Tog was verreweg die mees ongewone innovasie die dra van kortbroeke, wat die White Sox gedra het vir die eerste wedstryd van twee teen dieKansas City Royals in 1976. Die Hollywood Stars van diePacific Coast League het voorheen dieselfde konsep probeer, maar dit is ook swak ontvang. Afgesien van estetiese kwessies is kortbroeke, as 'n praktiese oorweging, nie bevorderlik vir gly nie weens die waarskynlikheid van aansienlike brand- en skaafplekke.
Met die oorname van die span in 1980 het nuwe eienaars, Eddie Einhorn en Jerry Reinsdorf, 'n kompetisie aangekondig waar ondersteuners genooi is om nuwe uniforms vir die White Sox te ontwerp. Die weninskrywing, wat deur 'n ondersteuner gemaak is, het die woord "SOX" oor die voorkant van die trui gehad in dieselfde lettertipe as die pet, binne 'n blou streep wat met rooi afgewerk is. Die rooi en blou strepe was ook op die moue, en die wegtruie was grys teenoor die wit tuistruie. Dit is in die truie dat die White Sox 99 wedstryde en die AL-Wes-kampioenskap in 1983 gewen het.
Na vyf jaar is die uniforms vervang met 'n meer basiese uniform met "White Sox" regoor die trui geskryf, en met "Chicago" op die voorkant van die wegtrui. Die pet-kenteken is ook verander na 'n lopende "C", alhoewel die 'kolwerkenteken' vir etlike jare behoue gebly het.
Vir 'n wedstryd in die middel van die 1990-seisoen by Comiskey Park het die White Sox een keer verskyn in 'n wit uniform gebaseer op dié van die 1917-White Sox. Hulle het toe weer hul gebruiklike uniformstyl verander. In September, vir die finale reeks by die ou Comiskey Park, het die White Sox 'n nuwe kenteken bekendgestel; 'n vereenvoudigde weergawe van die 1949–63 Gotiese "SOX"-logo. Hulle het ook 'n uniform met swart pinstrepe bekendgestel, soortgelyk aan dieGo-Go Sox-era uniform. Die span se primêre kleur het terug na swart verander, hierdie keer met silwer afwerking. Die span het ook 'n nuwe sokkie-kenteken bekendgestel - 'n wit silhoeët van 'n sokkie gesentreer binne die wit buitelyn van 'n bofbaldiamant - wat tot 2010 op die mou van die weguniform verskyn het (in 2011 na die "SOX"-logo oorgeskakel), en op die alternatiewe swart uniform sedert 1993. Die White Sox het dié styl sedertdien met geringe wysigings gebruik.
Gedurende die 2012- en 2013-seisoen het die White Sox elke Sondag hul "throwback"-uniforms by die huis gedra, beginnende met die 1972-rooi-penstreep-"throwback" truie wat gedurende die 2012-seisoen gedra is, gevolg deur die 1982–1986-ontwerp die volgende seisoen. In die 2014-seisoen is die "Winning Ugly"-"throwback" ontwerp bevorder tot voltydse alternatiewe status, en dit word tans tydens tuiswedstryde op Sondae gedra. In een wedstryd gedurende die 2014-seisoen het die Sox hul "throwback" ontwerp gekoppel aan 'n pet met die "kolwerkenteken", in plaas van die woordmerk "SOX"; hulle dra dit tans tydens kolfoefening voor wedstryde in die "throwback"-drag. Ná die 2023-seisoen is die Sondag-"throwback"-drag van die span se uniformrotasie verwyder.
In 2021, om die Field of Dreams-wedstryd te herdenk, het die White Sox spesiale uniforms gedra ter ere van die 1919-span. Dieselfde jaar het die White Sox alternatiewe uniforms van "City Connect" gedra wat deur Nike bekendgestel is, met 'n swart ontwerp met silwer pinstrepe, en met die "Southside" woordmerk aan die voorkant.
Paul Konerko dra die White Sox se huidige tuisuniform in 2006
Aaron Rowand dra die White Sox se moulose tuisuniform in 2005
James McCann dra die White Sox se huidige weguniform in 2019
Mark Buehrle dra die White Sox se huidige alternatiewe uniform in 2009
Tim Anderson dra die White Sox se huidige alternatiewe uniform in 2017
Lucas Giolito dra die White Sox se 1982–86 tuisuniform in 2019
Die White Sox het 'n totaal van 12 truinommers afgetree: 11 wat gedra is deur voormalige White Sox-spelers en no. 42 ter ere van Jackie Robinson.[70]
Nellie Fox, 2B,2. Nommer afgetree op 1 Mei 1976.
Harold Baines, regterveldspeler, aangewese kolwer en afrigter,3. Nommer afgetree op 20 Augustus 1989.
Luke Appling, kortstop en afrigter,4. Nommer afgetree op 7 Junie 1975.
Minnie Miñoso, linkerveldspeler en afrigter,9. Nommer afgetree op 8 Mei 1983.
Luis Aparicio, kortstop,11. Nommer afgetree op 14 Augustus 1984.
Paul Konerko, 1B,14. Nommer afgetree op 23 Mei 2015.
Ted Lyons, bouler en bestuurder,16. Nommer afgetree op 25 Julie 1987.
Billy Pierce, bouler,19. Nommer afgetree op 25 Julie 1987.
Frank Thomas, 1B en aangewese kolwer,35. Nommer afgetree op 29 Augustus 2010.
Mark Buehrle, bouler,56. Nommer afgetree op 24 Junie 2017.
Carlton Fisk, bofwagter/vanger,72. Nommer afgetree op 14 September 1997.
Luis Aparicio se No. 11 is op sy versoek uitgereik vir Omar Vizquel, wat elf keer die "Gold Glove"-toekenning gewen het (omdat No. 13 gedra is deur die bestuurder, Ozzie Guillén; Vizquel, soos Aparicio en Guillen, het kortstop gespeel en is ook van Venezolaanse afkoms). Vizquel het in 2010 en 2011 vir die span gespeel.[71]Harold Baines het sy No. 3 laat aftree in 1989; maar sedertdien het die nommer drie keer herleef by sy terugkere.
6: Sedert Charley Lau se dood in 1984 het geen White Sox-speler of -afrigter (behalwe die Lau-dissipel, Walt Hriniak, die Chicago White Sox se kolfafrigter van 1989 tot 1995) sy nr. 6-trui gedra nie, maar dit is nie amptelik afgetree nie.
13: Sedert Ozzie Guillén as bestuurder van die White Sox bedank het, het geen Sox-speler of -afrigter sy No. 13 trui gedra nie, alhoewel dit nie amptelik afgetree is nie.
Die White Sox was oorspronklik bekend as die White Stockings, wat verwys na die oorspronklike naam van dieChicago Cubs.[74] Om die naam in koerantopskrifte te laat pas, het plaaslike koerante soos dieChicago Tribune die naam afgekort tot Stox of Sox.[75] Charles Comiskey sou amptelik die White Sox-bynaam in die klub se eerste jare aanneem, wat hulle die eerste span gemaak het om die "Sox"-naam amptelik te gebruik. Die Chicago White Sox word veral "die South Siders" genoem, gebaseer op die span se spesifieke ligging in Chicago. Ander byname sluit in die sinonieme "Pale Hose";[76] "die ChiSox", 'n kombinasie van "Chicago" en "Sox", wat meestal gebruik word om die span te differensieer van dieBoston Red Sox (BoSox); en "the Good Guys", 'n verwysings na die span se destydse leuse, "Good guys wear black", geskep deur die uitsaaier en kommentator Ken Harrelson. Die meeste ondersteuners en Chicago-media verwys bloot na die span as "the Sox". DieSpaanstalige media verwys soms na die span asMedias Blancas vir "Wit Sokkies."
Verskeie individuele White Sox-spanne het oor die jare noemname ontvang:
Die 1906-span was bekend as dieHitless Wonders as gevolg van hul .230 kolfgemiddeld, die swakste in die Amerikaanse Liga.[77] Ten spyte van hul ellendige kolfwerk sou die Sox die Cubs, hul bittere teenstander, vir hul eerste wêreldtitel klop.
Die 1919-White Sox staan bekend as die 'Black Sox,' nadat agt spelers lewenslank uit bofbal geskors is omdat hulle die 1919 Wêreldreeks beknoei het.
Daar word na die White Sox-span van 1959 verwys as dieGo-Go White Sox weens hul spoed-gebaseerde offensiewe spel. Die tydperk van 1951 tot 1967, waarin die White Sox 17 opeenvolgende wenseisoene gehad het, word soms na verwys as die "Go-Go-era".[78]
Die 1977-span was bekend as dieSouth Side Hitmen, wat vir die Divisietitel meegeding het nadat hulle slegs 'n jaar tevore laaste geëindig het.
Die 1983-White Sox het bekend geword as dieWinning Ugly White Sox in antwoord op dieTexas Rangers bestuurder Doug Rader se smalende en spottende kommentaar dat die White Sox "...weren't playing well. They're winning ugly."[79] Die Sox het voortgegaan en die Amerikaanse Liga se Westelike Divisie-titel op 17 September 1983 gewen.
Van 1961 tot 1991 het die Chicago-inwoner Andrew Rozdilsky by die oorspronklike Comiskey Park opgetree as die nie-amptelike dog gewilde gelukbringer "Andy the Clown". Hy was bekend vir sy uitgerekte "Come on you White Sox"-strydkreet en het in die rol begin optree nadat 'n groep vriende hom in 1960 na 'n Sox-wedstryd genooi het, waar hy besluit het om sy nar-kostuum te dra en ondersteuners te vermaak. Die reaksie was so positief dat hy toe gratis kaartjies vir die 1961-seisoen ontvang het, en besluit het om sy kostuum na alle wedstryde te dra.[80] Rozdilsky het uiteindelik op 'n permanente grondslag gratis toegang tot Comiskey Park verkry.[81] Aan die begin van die 1981-seisoen het die nuwe eienaarskapgroep onder leiding van Jerry Reinsdorf 'n tweetal bekendgestel genaamd Ribbie en Roobarb, as die amptelike gelukbringers vir die span, en Rozdilsky verbied om op te tree. Ribbie en Roobarb was baie ongewild, aangesien hulle gesien is as ’n poging om van die geliefde Andy the Clown ontslae te raak.[82]
In 1988 het die Sox ontslae geraak van Ribbie en Roobarb; Andy the Clown is nie toegelaat om in die nuwe Comiskey Park op te tree nie toe dit in 1991 geopen het. In die vroeë 1990's het die White Sox 'n spotprent-gelukbringer genaamdWaldo the White Sox Wolf gehad wat die "Silver and Black Pack", die span se destydse kinderklub, geadverteer het. Die span se huidige gelukbringer,Southpaw, is in 2004 bekendgestel om jong aanhangers te lok.[83]
Nancy Faust het in 1970 die White Sox se orrelis geword, 'n posisie wat sy vir 40 jaar behou het.[84] Sy was een van die eerste stadion-orreliste ompopmusiek te speel, en was bekend om haar liedjies wat sy gebaseer het op die name van opponerende spelers (soos Iron Butterfly se "In-A-Gadda-Da-Vida" vir Pete Incaviglia).[85]
Sy was een van die laaste groot stadion-orreliste. Sedert 2011 dien Lori Moreland as die White Sox se orreliste.[86]
Soos die geval is met dieBoston Red Sox se "Sweet Caroline" (en twee ander liedjies genaamd "Tessie") en dieNew York Yankees se "Temalied uit New York, New York", het verskeie liedjies oor die jare met die White Sox geassosieer geraak. Hulle sluit in:
Let's Go, Go Go White Sox deur Captain Stubby and the Buccaneers – 'n Huldeblyk aan die "Go-Go White Sox" van die laat 1950's. Die liedjie dien as die nie-amptelike strydkreet van die White Sox. In 2005 het die telbordoperateur Jeff Szynal 'n album van die liedjie gevind en dit gespeel vir 'n "Turn Back the Clock"-wedstryd teen die Los Angeles Dodgers, teen wie die Sox gespeel het tydens die Wêreldreeks in 1959.[87] Nadat die bofwagter/vanger A.J. Pierzynski 'n afstap-tuislopie ("walk-off home run") geslaan het, het die span die liedjie behou, aangesien die White Sox voortgegaan het om die Wêreldreeks in 2005 te wen.
"Na Na Hey Hey Kiss Him Goodbye" deur Steam is deur die orrelis Nancy Faust gespeel tydens die 1977 wimpelwedloop, toe 'n bouler van dieKansas City Royals onttrek is. Dit het 'n onmiddellike treffer geword onder White Sox-ondersteuners.[85] Faust word daarmee gekrediteer dat sy die liedjie uit die vergetelheid ontruk het en 'n stadionlied daarvan gemaak het. Tot vandag toe word die liedjie geassosieer met die White Sox. Dit word dikwels gespeel wanneer die Sox 'n boulverandering afdwing, en soms tydens Sox-tuislopies en oorwinnings.[88]
"Sweet Home Chicago" – die Blues Brothers se weergawe van die standaard-blues komposisie deur Robert Johnson, word gespeel na wedstryde.
"Thunderstruck" deurAC/DC is een van die mees prominente liedjies vir White Sox-spelerbekendstellings. Die span het in 2005 die liedjie aangeneem en dit het sedertdien 'n belangrike rol tydens die White Sox se tuiswedstryde begin speel.[89][90]
"Don't Stop Believin'" deur Journey. Gedurende die 2005-seisoen het die White Sox die Journey-liedjie uit 1981 aangeneem as hul saamtrekliedjie nadat die bofwagter/vanger A.J. Pierzynski voorgestel het dat dit deur U.S. Cellular Field se luidsprekers gespeel word. Tydens die 2005 Wêreldreeks het die White Sox Journey se hoofsanger, Steve Perry, na Houston genooi en hom toegelaat om saam met die span op die veld fees te vier ná hul reeksoorwinning oor die Houston Astros.[91] Perry het ook die liedjie saam met lede van die span tydens die span se oorwinningsparade in Chicago uitgevoer.
"Don't Stop the Party" deur diekletsrymer Pitbull. Na elke White Sox-tuislopie by Guaranteed Rate Field word Pitbull se "Don't Stop the Party" oor die luidsprekers uitbasuin.
↑'n "No-hitter" in bofbal is 'n wedstryd waarin geen speler van die span wat kolf verder as tuisbof kon vorder nie nadat die bal geslaan is. "No-hitters" is skaars. Slegs 316 het vanaf 1876 tot op datum in Hoofligabofbal plaasgevind. Sien vir verdere inligtinghttps://www.baseballbible.net/what-is-no-hitter/
↑ 'n "Walk", of in Afrikaans, 'n 'stappie', kan as volg verduidelik word: Wanneer 'n kolwer na tuisbof stap in 'n bofbalwedstryd, is sy doel "to get on base" of 'om 'n bof te bereik'. Dit kan gedoen word deur kontak met 'n boulaflewering of "pitch" te maak, of die bal in spel te plaas en veiligheid te bereik deur 'n enkel-, dubbel-, trippel- of tuislopie te behaal. Om die bal te slaan is egter nie die enigste manier om 'n bof veilig te bereik nie. Indien 'n verskyning by tuisbof 'n "walk" of 'stappie' tot gevolg het, word die kolwer outomaties eerste bof toegeken en word hy 'n "baserunner" of 'bofhardloper'. 'n "Walk" of 'stappie', wat dikwels 'n "base" of 'bof' op "balls" ('n "Ball" of 'bal' gebeur op sy beurt wanneer 'n bouler vir vier keer nie daarin kon slaag om die trefsone ('n denkbeeldige sone bo die tuisbof of "home plate", waarin die bouler moet boul sodat die aflewering as 'n regmatige aflewering geag kan word deur die skeidsregter. Dit is soortgelyk aan 'n bouler inkrieket wat binne 'n bepaalde ruimte moet boul vir die aflewering om regmatig te wees. Net so mag die bouler of "pitcher" in bofbal net binne 'n bepaalde ruimte boul) te tref nie) genoem word, en verkort word tot BB, is een manier waarop 'n kolwer veilig 'n bof kan bereik. Wanneer 'n kolwer vier aflewerings wat buite die trefsone is "take" of 'vat' (die kolwer moet nie na die aflewering swaai nie; indien hy dit doen, tel die aflewering as 'n "strike" en nie as 'n "ball" of 'bal' nie.), kan hy na eerste bof vorder. Deur 'n bofhardloper te word, het hy nou die geleentheid om 'n lopie te probeer aanteken deur uiteindelik weer tuisbof te bereik. Sienhttps://baseballscouter.com/what-is-a-walk-in-baseball/ vir verdere inligting