Die gebied, waar Engelse setlaars in 1607 voet aan wal gesit het, word asFirst Landing State Park beskerm. Akteurs voer die historiese gebeure as toneelstuk opChesapeake Bay as dreineringsgebied (waterskeiding)Jamestown Settlement, Virginië - gerekonstrueerde fortLandsat-satellietfoto van Chesapeake Bay (in die middel) en Delaware Bay (regs bo)
Chesapeake Bay [ˈtʃɛsəpiːk] is die grootsteestuarium of breë riviermonding in dieVerenigde State, geleë in die deelstateMaryland enVirginië, waar dit oor 'n afstand van 195 myl (313 km) suidwaarts in rigting van die Atlantiese Oseaan strek, met 'n wydte van tussen vier myl naby Annapolis in Maryland en dertig myl naby Cape Charles in Virginië.
Chesapeake Bay is nie net die grootste van altesaam 850 riviermondings in die VSA nie, dit is ook die ekonomies produktiefste wat met sy uitgestrekte kuslyn van 11 700 myl 'n unieke en dinamieseekostelsel vorm vir plante en diere sowel as die natuurlike basis vir 'n verskeidenheid bedrywe wat miljarde dollar bydra tot die VSA se bruto binnelandse produk (waaronderskeepsbou,toerisme,vissery en eiendomme) en nedersettings met 'n totale bevolking van meer as 18 miljoen.
Seekos soosoesters is so volop in die baai dat die plaaslike Eerste Nasie, Algonkin-Indiane, daarna verwys het asChesepiooc of "Groot Seekosbaai". Meer onlangs is Chesapeake Bay beskryf as 'n reuseproteïenfabriek wat in die vroeë 20ste eeu 'n buitengewoon hoë opbrengs van jaarliks dertig miljoen pond oesters gelewer het. Daagliks het treine met dertien waens vol oesters vanuit Baltimore-hawe vertrek. Die huidige seekos-opbrengs se waarde oorskry steeds $1 miljard.[1]
Chesapeake Bay word dikwels beskryf as die streek wat die belangrikste rol in die geskiedenis van die Verenigde State gespeel het - vanaf die begin van die koloniale tydperk in 1607, toe Engelse setlaars aan die baai se suidoewer voet aan wal gesit en in Jamestown, Virginië die eerste permanente Engelse nedersetting in Noord-Amerika gevestig het, tot die tydperk van dieAmerikaanse Rewolusie.[2]
Die geologiese kragte, wat die magtige riviermonding gevorm het, strek verder terug in die verlede. Die diep kanaal met 'n lengte van 200 myl, wat tans deur vragskepe bevaar word, is die oorspronklike rivierbed van die Susquehanna-rivier. Behalwe vir die James-rivier het oorspronklik alle riviere in die gebied met die Susquehanna saamgevloei voordat dit verder suid in die Atlantiese Oseaan uitgemond het. Stygende temperature teen die einde van die laaste kouetydperk meer as 10 000 jaar gelede het 'n geweldige proses in gang gesit waartydens dik lae gletserys, wat vanuit die verre noorde van die Amerikaanse vasteland tot die noorde van die huidige Pennsilvanië en New York gestrek het, gesmelt en die Susquehanna-riviervallei met reusevloede oorstroom het.
Gedurende die 1980's het wetenskaplikes nóg 'n belangrike ontdekking gemaak - 'n impakkrater naby Chesapeake Bay se huidige ontmoetingsplek met die Atlantiese Oseaan. Hierdie krater met 'n diepte van een myl en 'n wydte van 56 myl is die grootste in die VSA, gevorm deur 'nasteroïed ofkomeet wat teen 'n spoed van 50 000 myl per uur teen die aarde gebots het.[3]
Ondanks sy betreklik groot wateroppervlakte van 3 237 vk myl (hoofbekken, waarvan 1 726 vk myl in Maryland en 1 511 vk myl in Virginië; saam met sy sytakke het die baai 'n totale oppervlakte van 4 480 vk myl) is Chesapeake Bay 'n vlak waterliggaam met 'n gemiddelde diepte van iets meer as 20 voet. Die diepste punt is oos van Annapolis met 174 voet.[4]
Meer as 150 riviere en stroompies vloei in die baai se dreineringsbekken wat met sy oppervlakte van 64 299 vierkante myl (166 534 km2) oor dele van ses state (New York,Pennsilvanië,Delaware, Maryland, Virginië enWes-Virginië) en die hele Distrik van Columbia (met die hoofstadWashington, DC) strek.
↑Howard R. Ernst:Chesapeake Bay Blues. Science, Politics, and the Struggle to Save the Bay. Lanham • Boulder • New York • Oxford: Rowman & Littlefield Publishers 2003, bl. 10-11
↑Chris Dicken:Images of America - Chesapeake Bay Steamers. Charleston SC • Chicago IL • Portsmouth NH • San Francisco CA: Arcadia Publishing 2006, bl. 7
↑Allison Blake:Explorer's Guides - Baltimore, Annapolis & the Chesapeake Bay. A Great Destination. 7th edition. Woodstock, VT: The Countryman Press 2010, bl. 17