Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Chemiese element

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

'nChemiese element, ook dikwels eenvoudig na verwys as 'nelement, is 'n stof wat nie verder verdeel kan word met gewonechemiese metodes om ander stowwe te lewer nie. Die kleinste partikel van so 'n element is 'natoom, wat bestaan uitelektrone wat om 'nkern vanprotone enneutrone wentel.

Dieatoomgetal van 'n element, "Z", is gelyk aan die aantal protone in die atoom van die element.Koolstof byvoorbeeld, is die element met die atoomgetal 6 en bevat 6 protone in sy kern. Alle atome van 'n element het dieselfde atoomgetal en bevat dieselfde aantal protone. Atome van dieselfde element kan egter verskillende hoeveelhede neutrone bevat en sulke verskillende atome staan asisotope van die element bekend. Dieatoommassa van 'n element,A, word gemeet inatoommassa-eenhede (ame) en is rofweg gelyk aan die som van die aantal protone en neutrone in die atoom van die element. 'n Aantal elemente isradioaktief en verander na 'n ander element deur 'n proses vanradioaktiewe verval.

Die ligste elemente iswaterstof enhelium wat die eerste elemente was om tydens dieOerknal gevorm te word. Alle swaarder elemente word natuurlik of kunsmatig geskep deur verskeienukleosintetiese prosesse.

Daar was met ingang van2014 118 bekende elemente, waarvan slegs 91 natuurlik op dieAarde voorkom. Die oorblywende 27 elemente is mensgemaak; waarvan die eerste sodanige element,Tegnesium, in 1937 gemaak is. Alle mensgemaakte elemente is radioaktief met korthalfleeftye en enige sodanige element wat in die aardkors teenwoordig sou wees met die vorming van die aarde sou dus al lankal verval het. Van dié elemente kom egter in sommige sterre natuurlik voor, omrede hulle daar deur nukleosintese gevorm word.

Die volgende gerangskikte lyste is beskikbaar vir die elemente:

Die gerieflikste rangskikking van elemente is dieperiodieke tabel, waar die groepe elemente met soortgelyke chemiese eienskappe saam gerangskik is.

Atome van dieselfde element waarvan die kern verskillende getalleneutrone bevat word verskillendeisotope van die element genoem. 'n Suiwer element kan bestaan as mono-atomiese- ,diatomiese- of poli-atomiese eenhede wat almal uit dieselfde soort atome bestaan. Hierdie verskillende molekulêre strukture van 'n element wordallotrope genoem onafhanklik van die toestand waarin die materie voorkom.

Die amptelike name van die chemiese elemente word bepaal deur dieInternasionale Unie vir Suiwer- en toegepaste Chemie, wat gewoonlik die naam wat deur die ontdekker daarvan gekies word, aanneem. Dit kan lei tot omstredenheid rondom watter navorsingsgroep eintlik die element ontdek het - 'n vraagstuk wat die benoeming van elemente met atoomgetalle hoër as 104 vir 'n aansienlike tyd vertraag het. Daar word ook 'n unieke chemiese simbool aan 'n element toegeken gebaseer op die naam van die element, maar nie noodwendig die Engelse naam nie. Chemiese simbole word internasionaal verstaan wanneer elementname vertaal moet word. Die eerste letter van 'n chemiese simbool word altyd met 'n hoofletter geskryf.

Elemente kan kombineer (reageer) om suiwer verbindings (sooswater,soute,oksiede enorganiese verbindings) te vorm. In baie gevalle het hierdie verbindings een vastestoigiometriese samestelling met hulle eie strukture en eienskappe.

Sommige elemente, veral die metaalagtige elemente, kombineer om nuwe strukture te vorm met 'n meer veranderlike samestelling (soos metaal-allooie). In hierdie gevalle is dit beter om van fases te praat as van verbindings.

In die algemeen kan 'n spesifieke chemikalie bestaan uit 'n mengsel van bostaande.

Volopheid van die elemente

[wysig |wysig bron]

Die elemente en hulle isotope wat hier op aarde en in die sonnestelsel voorkom is in dienukleosintese in sterre gevorm was reeds voor die son bestaan het en in supernovas ontplof is. In die sonnestelsel is waterstof en helium die volopste elemente, maar hier op aarde is baie min helium. Die 18 volopste elemente in die sonnestelsel is in die volgende tabel gewys. Die volopheid van sikikon is op 1 000 000 gestel.[1]

ElementSimboolZVolopheid
WaterstofH124 300 000 000
HeliumHe22 343 000 000
SuurstofO814 130 000
KoolstofC67 079 000
MagnesiumMg121 020 000
SilikonSi141 000 000
YsterFe26838 000
SwawelS16444 900
AluminiumAl1384 100
KalsiumCa2062 870
NatriumNa1157 510
NikkelNi2847 800
ChroomCr2412 860
MangaanMn259 168
FosforP158 373
ChloorCl175 237
KaliumK193 692
TitaanTi222 422

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metChemical elements.

Chemiese inligting

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Minerals in meteorites CERN
Internasionaal
Nasionaal
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Chemiese_element&oldid=2433434"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp