![]() | Hierdie artikel bevat nie ’nbronnelys nie, wat beteken dat die inhoud niegeverifieer kan word nie. Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg. |
Charles Saatchi | |
---|---|
![]() Beeld van Charles Saatchi | |
Gebore | 9 Junie1943 |
Nasionaliteit | ![]() |
Beroep | Uitvoerende adverteer, kunsversamelaar en kreatiewe direkteur |
Bekend vir | Saatchi Gallery Saatchi & Saatchi |
Eggenoot | Doris Lockhart (1973–90) Kay Hartenstein (1990–2001) Nigella Lawson (2003–13) |
Kinders | 1 dogter |
Charles Saatchi [ˈsɑːtʃiː]; (Arabies: تشارلز ساعتجي, *9 Junie1943) is 'nBritse entrepreneur en - saam met sy broer Maurice - medestigter van die advertensieagentskapSaatchi & Saatchi. Die Saatchi-broers het hul besigheid, wat in die 1980's tot die grootste advertensieagentskap ter wêreld gegroei het, tot en met 1995 bestuur toe hulle gedwing is om uit die onderneming te bedank. Nog in dieselfde jaar het hulle 'n nuwe agentskap,M&C Saatchi, gestig.
Charles Saatchi is in 'n Joods-Irakese familie inBagdad gebore wat hulle later in die Verenigde Koninkryk gevestig het. Hy staan naas sy sakebedrywighede veral as kunsversamelaar en eienaar van dieSaatchi Gallery inLonden bekend en tree as borg van dieYoung British Artists (YBAs) op. Hier het hy onder meer die loopbaan van kunstenaars soos Damien Hirst en Tracey Emin bevorder.