Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Caster Semenya

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Semenya tydens die Olimpiese Spele van 2012 in Londen

Mokgadi Caster Semenya[1]OIB (* Ga-Masehlong, nabyPolokwane,7 Januarie1991) is 'nSuid-Afrikaanse middelafstandatleet wat in die 800 m-item spesialiseer. Sy het in hierdie baanitem Suid-Afrikaanse en wêreldkampioen geword.

Op 6 Julie 2010 het die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) toestemming verleen dat sy weer teen vroueatlete mag deelneem, na uitgerekte spekulasie oor haar geslag.[2] Sy wen haar eerste wedloop na haar hertoetrede toe sy op 15 Julie 2010 gemaklik met 'n tyd van 2:04.22 by die Lappeenranta-spele inFinland wen.[3]

Tydens dieOlimpiese Somerspele van 2012 wen sy 'n silwermedalje in die 800 m-wedloop, wat later deur dieIOK opgegradeer is na goud. Semenya het by die openingseremonie dieSuid-Afrikaanse vlag gedra.[4]

Op 20 Augustus 2016 wen sy 'n goue medalje in die 800 m-wedloop by dieOlimpiese Spele van 2016 inRio de Janeiro, in 'n tyd van 1:55.28.[5]

Titels

[wysig |wysig bron]
  • Olimpiese kampioen 800 m – 2016
  • Afrikakampioen 800 m – 2015
  • Wêreldkampioen 800 m – 2009
  • Suid-Afrikaanse kampioen 800 m – 2009
  • Afrika Jeugkampioen 800 m – 2009
  • Afrika Jeugkampioen 1500 m – 2009

Medaljes

[wysig |wysig bron]
Internasionale medaljes
DatumKompetisiePlekUitslagItem
2009WêreldatletiekkampioenskapBerlyn1ste800 m
2011WêreldatletiekkampioenskapDaegu2de800 m
2012Olimpiese Somerspele 2012LondenGoud800 m
2015Afrika-atletiekkampioenskapBrazzaville1ste800 m
2016Olimpiese Somerspele 2016Rio de JaneiroGoud800 m

Persoonlike rekords

[wysig |wysig bron]
ItemPrestasieDatumPlek
400 m52,54 s26 Maart 2011Germiston
600 m1.25,5613 Junie 2012Turku
800 m1.55,28 (nasionale rekord)20 Augustus 2016Rio de Janeiro
1500 m4.08,012 Augustus 2009Bambous

Eerbetonings

[wysig |wysig bron]

Semenya het tydensVryheidsdag op 27 April 2014 dieOrde van Ikhamanga in brons van die president ontvang.[6]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Geboortecertificaat op BBC News
  2. IAAF: Semenya mág as vrou deelneemGeargiveer 17 Julie 2010 opWayback Machine, Nuus24, besoek op 13 Julie 2010.
  3. Semenya wen eerste wedloopGeargiveer 18 Julie 2010 opWayback Machine, Nuus24, besoek op 15 Julie 2010.
  4. "Caster Semenya rightly chosen to bear South Africa's flag at opening ceremony" (in Engels). CBS Sports. 22 Julie 2012.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Januarie 2014.
  5. "Rio Olympics: Caster Semenya Leaves No Doubt in 800" (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020.
  6. "Zuma presents National Orders in Pretoria" (in Engels). eNCA. 27 April 2014.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Oktober 2019.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Voorafgegaan deur
Natalie du Toit
Vlagdraer virVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Londen 2012
Opgevolg deur
Wayde van Niekerk
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Caster_Semenya&oldid=2689862"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp