Carlos Sainz jr. (gebore1 September1994 inMadrid) is 'nSpaanse professionele motorrenjaer wat tans vir dieFerrarispan inFormule Een Grands Prix jaag.
In2017 jaag Sainz vir 'n derde seisoen vir dieToro Rosso-Ferrarispan, en behaal goeie resultate. Op7 Oktober 2017 word aangekondig dat hy vanaf dieGrand Prix van die Verenigde State die plek vanJolyon Palmer in dieRenaultspan sal oorneem.[1]
In 2018 beleef Sainz 'n wisselvallige seisoen; hy behaal 'n vyfde plek in Azerbeidjan as beste resultaat sedert sy terugkeer by die Renaultfabriekspan, maar in ander renne eindig hy ver agter sy spanmaat,Nico Hülkenberg. Toe die span op 3 Augustus 2018 bekend maak datDaniel Ricciardo in 2019 vir Renault gaan jaag, moes Sainz na 'n ander span soek. Op 16 Augustus maakMcLaren bekend dat Sainz in 2019 die uittredendeFernando Alonso sou vervang.[2]
Op 14 Mei 2020 word bekend gemaak dat Sainz die plek van Sebastian Vettel byScuderia Ferrari vanaf 2021 sal oorneem.[3]
Op 3 Julie 2022 wen hy sy eerste Formule Eenwedren, dieBritse Grand Prix teSilverstone.[4] Na 7 jaar en 150 wedrenne se wag, word hy hiermee die 112de bestuurder om 'n Grand Prix te wen.
Kleur | Uitslag |
---|
Goud | Wenner | Silwer | 2e plek | Brons | 3e plek | Groen | Voltooi, verdien punte | Blou | Voltooi, geen punte | Pers | Nie voltooi (DNF) | Nie geklassifiseer (NC) | Rooi | Nie gekwalifiseer (DNQ) |
| | | Kleur | Uitslag |
---|
Swart | Gediskwalifiseer (DSQ) | Wit | Nie begin (DNS) | Leeg | Nie deelgeneem | Onttrek (WD) | Uitgesluit (EX) | 1, 2, 3 | Naelrenplek, met punte | P | Voorste wegspringplek | V | Vinnigste rondte |
|
- ‡ Halwe punte is in België toegeken in 2021 omdat daar minder as 75% van die wedren afgelê is weens hewige reën.
- † Jaer kon nie die ren voltooi nie, maar is geklassifiseer omrede hy meer as 90% van die wedrenafstand afgelê het.
- *3 Derde in die snelkwalifisering.
- * Seisoen nog aan die gang.