Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Candice Bergen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Candice Bergen
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Bergen in 1993 by die Emmys.

GeboortenaamCandice Patricia Bergen
Geboorte9 Mei 1946 (1946-05-09) (78 jaar oud)
Beverly Hills,Kalifornië,Verenigde State
NasionaliteitAmerikaanse
Beroep(e)Aktrise
Aktiewe jare1965-tans
Bergen in 1988 by die Oscars.

Candice Patricia Bergen (gebore op9 Mei1946) is ’nAmerikaanseaktrise en voormaligemodel. Sy het vyfEmmys en tweeGolden Globes gewen vir haar rol as die titelkarakter in 10 seisoene van die sitkomMurphy Brown (1988–'98). Sy is ook bekend vir haar rol as Shirley Schmidt in die TV-dramaBoston Legal (2005–'08). Sy is vir ’nOscar as beste vroulike byspeler benoem virStarting Over (1979) en vir ’nBafta virGandhi (1982), waarin sy die rol van diefotograafMargaret Bourke-White vertolk het.[1]

Loopbaan

[wysig |wysig bron]

Bergen het haar loopbaan as model begin en op die voorblad van onder meerVogue verskyn voordat sy haar rolprentdebuut in 1966 inThe Group gemaak het.

Sy was daarna te sien inThe Sand Pebbles (1966),Soldier Blue (1970),Carnal Knowledge (1971) enThe Wind and the Lion (1975). Sy het haar debuut opBroadway in 1984 gemaak in die toneelstukHurlyburly. Van 2000 tot 2002 was sy in drie episodes van die TV-reeksSex and the City.

Haar ander rolprentrolle sluit inMiss Congeniality (2000),Sweet Home Alabama (2002),The Women (2008) enBride Wars (2009). In die 2010's het sy na Broadway teruggekeer in nuwe produksies vanThe Best Man (2012) enLove Letters (2014).

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. BAFTA (1983)."BAFTA Awards Database (Supporting Actress 1982)".British Academy of Film and Television Arts. Besoek op1 September 2012.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Candice_Bergen&oldid=2642318"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp