Periode/ sisteem | Epog/ serie | Tydsnede/ etage | M. jaar gelede | ||
---|---|---|---|---|---|
Paleogeen | Paleoseen | Danium | jonger | ||
Kryt | Laat | Maastricht | 66,0–72,1 | ||
Campanium | 72,1–83,6 | ||||
Santonium | 83,6–86,3 | ||||
Coniakium | 86,3–89,8 | ||||
Turonium | 89,8–93,9 | ||||
Senomanium | 93,9–100,5 | ||||
Vroeg | Albium | 100,5–~113,0 | |||
Aptium | ~113,0–~125,0 | ||||
Barremium | ~125,0–~129,4 | ||||
Hauterivium | ~129,4–~132,9 | ||||
Valanginium | ~132,9–~139,8 | ||||
Berriasium | ~139,8–~145,0 | ||||
Jura | Laat | Titonium | ouer | ||
Die verdeling van die Kryt (IKS). |
DieCampanium is ’nchronostratigrafieseetage sowel as ’ngeologiese tydsnede van onderskeidelik diesisteem enperiodeKryt (serie/epog Laat Kryt). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die tydperk was van sowat 83,6 tot 72,1 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur dieSantonium en gevolg deur dieMaastricht.
Die Campanium is in 1857 deur Henri Coquand genoem naChampagne (Latyn: Campanum) in dieFransedépartementCharente-Maritime.
Die basis van die etage word gedefinieer deur die uitwissing van dieseelelieMarsupites testudinarius, en die bokant deur ’n kompleks van 12biostratigrafiese kriteria, waaronder die vroegste voorkoms van dieammonietPachydiscus neubergicus en diebelemnietBelemnella lanceolata.
In die Campanium het diedinosourusse vinnig versprei. Die getalgenera het toegeneem in wat die "Campaniese ontploffing" genoem word. Net inNoord-Amerika het dit gestyg van 4 tot 48. Dit is nie duidelik of dit ’n ware toename was en of minderfossieloorblyfsels in die Onder-Campanium bewaar gebly het nie. Dit kan wees dat die toename was vanweë die relatief warmklimaat tydens die tydsnede. Daar is wel in die Maastricht 30% minder genera gevind, en aan die einde van laasgenoemde tydsnede het die dinosourusse skielik heeltemal uitgesterf.[2]