Cambrai ofKameryk is 'nFranse stad en onderprefektuur in diedépartementNord met sowat 33 000 inwoners. Dit is een van die oudste stede in die gebied en bekoor met sy argitektuur in die Spaanse en Vlaamse boustyle. Die stad staan vroeër veral bekend vir die kambriek, 'n fyn katoenweefsel wat hier verwaardig is. Cambrai is vandag nog steeds 'n sentrum van die tekstielnywerheid.
André Smith (1880-1959): Cambrai tydens die Eerste Wêreldoorlog
DieGallies-Romeinse stadCameracum is na die jaar430 die hoofstad van 'nFrankiese onderkoninkryk. Later word dit 'n deel van die Merowingiese Ryk. Omtrent800, onder die heerskappy vanKarel die Grote, word Cambrai versterk.
Danksy die tekstielnywerheid word Cambrai in die10de en11de eeu 'n ekonomies belangrike stad en setel van 'n biskop. Die katedraal, wat tussen1150 en1472 opgerig word, staan vinnig as die "Wonder van die Nederlande" (la merveille des Pays-Bas) bekend. Danksy die rykdom van die kerk bly die stadbewoners belastingvry.
Onder die heerskappy van die Boergondiese hertogKarel die Stoute (Charles le Téméraire,1433-1477) word Cambrai in etniese en ekonomiese opsig byFrans-Vlaandere ingelyf.
Tydens dieFranse Rewolusie word die katedraal in1793 verwoes en in die 19de eeu deur 'n nuwe kerkgebou, Notre-Dame, vervang.
'n Herehuis uit die 18de eeu huisves dieMuseum van die Skone Kunste, wat skulpture uit die tydperk tussen die 17de en 20ste eeu, fragmente van kerke en kloosters en skilderye vanNederlandse meesters vertoon.