Die département kry sy Spaanse naam van die skip "El Salvador" wat as deel van dieSpaanse Armada naEngeland gestuur is. In1588 vergaan die skip aan die rotsagtige Normandiese kus. Die volkstaal het van die naam "Calvador" gemaak en eers die rotse, later die kusgebied en uiteindelik ook die département die naam "Calvados" gegee. Ook die Normandiese brandewyn wat vansider gebrand word kry die naamCalvados. Die Calvados word hier puur astrou Normand of aspommeau (met appelsap) gedrink. Die inheemse fynproewers flambeer ook graag hulle appeltert met 'n glasieCalvados.
Frankryk het meer as 350 kaassoorte, en drie beroemdes, dieCamembert, die Livarot en die Pont l'Evêque is spesialiteite van die département Calvados.
Die département Calvados beskik oor die bekendste seebad van die Normandiese kus,Deauville. Langs sy kus met die sandstrande van die Côte de Nacre en die Côte Fleurie lê ook die ander vakansieoorde soos Courseulles-sur-Mer, Saint-Aubin-sur-Mer,Honfleur, Cabourg en Trouville. Die kusgebied van Calvados met sy sterkgetye is geskik vir alle soorte watersport.
Die département spog met een van die langste kabelhangbrûe in Europa, diePont de Normandie. Die brug met sy elegante pilare verbind Honfleur metLe Havre.
Bayeux het 'n aantal bekende musea. In hierdie stad word dieTapyt van Bayeux uit die11de eeu bewaar. Die Museum Baron Gérard vertoon skilderye, meubels,porselein en kantwerk uit Bayeux. Die Museum ter Nagedagtenis van die Slag van Normandië laat nog eens die bevryding van Frankryk in1944 herleef.
Vir die toeris en ander belangstellendes is dieRoute du Cidre (Siderroete),Route de la Suisse Normande (Roete van die NormandieseSwitserland) en dieRoute des Fromages (Kaasroete) aangewys wat alle besienswaardighede rondom sider, natuurskoon en kaas met mekaar verbind.