Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Caitlyn Jenner

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Caitlyn Jenner
Jenner in 2017.
Gebore
William Bruce Jenner

28 Oktober 1949 (1949-10-28) (75 jaar oud)
Mount Kisco,New York, VSA
Ander nameCaitlyn Marie Jenner
BeroepMediapersoonlikheid, atleet
Jare aktief1970-tans
Televisie
  • Keeping Up with the Kardashians (2007-2021)
    • I Am Cait (2015-2016)
Politieke partyRepublikeinse Party
Kinders

Caitlyn Marie Jenner (gebore asWilliam Bruce Jenner op 28 Oktober 1949) is 'n Amerikaanse mediapersoonlikheid en voormaligeOlimpiese gouemedaljewenner in dietienkamp.[1]

Loopbaan

[wysig |wysig bron]

Bruce Jenner het universiteitsvoetbal vir die Graceland Yellowjackets gespeel voordat hy 'n kniebesering opgedoen het wat chirurgie noodsaaklik gemaak het. Hy is deur L.D. Weldon, die afrigter van die Olimpiese tienkampatleet Jack Parker, oorreed om die tienkamp te beproef.

Jenner het daarna 'n ses jaar lange tienkamploopbaan gehad, wat daartoe gelei het dat hy in 1976 die manstienkampitem op dieOlimpiese Somerspele in Montreal gewen het,[2][3] 'n derde agtereenvolgende wêreldrekord opgestel het en bekend geraak het as 'n "tipiese Amerikaanse held".[4] Met die nieamptelike titel "die wêreld se grootste atleet"[5] het Jenner 'n loopbaan intelevisie,rolprente, skryf, motorrenne en die sakebedryf begin. Hy was ook op die voorblad van die tydskrifPlaygirl.[6]

Bruce Jenner in 1977.

Persoonlike lewe

[wysig |wysig bron]

Jenner het ses kinders by drie vroue: Chrystie Crownover, Linda Thompson enKris Jenner.

Van 2007 tot 2021 het hy in die TV-werklikheidsreeksKeeping Up with the Kardashians verskyn saam met Kris; hulle dogters,Kendall en Kylie; en Kris se ander kinders uit haar vorige huwelik, Kourtney, Kim, Khloé en Rob Kardashian.

Jenner het in April 2015 amptelik in die openbaar uitgekom as 'ntrans vrou, en haar nuwe naam in Julie dié jaar aangekondig.[7] Van 2015 tot 2016 was sy te sien in die werklikheidsreeksI Am Cait, wat op haargendertransisie gefokus het. Sy is daarna die beroemdste trans vrou in die wêreld genoem.[8][9]

Jenner is 'n aktivis virtransgenderregte,[10] hoewel haar menings oor transgendersake al gekritiseer is deur baie ander trans enLGBTQ+-aktiviste.[11][12]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Nigeria, Post (24 Januarie 2023)."Caitlyn Jenner Net Worth, Biography, Age, Spouse, Children, Movies and TV Shows".PostNGR (in Engels (VSA)). Geargiveer vanafdie oorspronklike op 2 Februarie 2023. Besoek op2 Februarie 2023.
  2. Katie Kindelan; Lauren Effron (April 27, 2015)."Bruce Jenner's First Wife Chrystie Scott on When Former Olympian Said He Wanted to 'Be a Woman'".ABC News.Geargiveer vanaf die oorspronklike op Junie 5, 2016. Besoek opJunie 6, 2016.
  3. Tony Giardina (Augustus 7, 2012)."Olympic Track & Field: Decathlete Ashton Eaton Is Next American Star".Bleacher Report.Geargiveer vanaf die oorspronklike op Julie 12, 2015. Besoek opJunie 6, 2016.Olympic decathlons first rose to prominence in America when Bruce Jenner competed in the 1976 games in Montreal. He became an American hero by setting the decathlon world record and taking gold back from the Soviets.
  4. Maury White."Bruce Jenner".The Des Moines Register.Geargiveer vanaf die oorspronklike op Februarie 21, 2015. Besoek opJunie 6, 2016.
  5. Mike Sielski."Bruce Jenner: The world's greatest athlete". ESPN.Geargiveer vanaf die oorspronklike op Februarie 22, 2015. Besoek opJunie 10, 2016.
  6. Ravi Somaiya (Junie 1, 2015)."Caitlyn Jenner, Formerly Bruce, Introduces Herself in Vanity Fair".The New York Times.Geargiveer vanaf die oorspronklike op Mei 16, 2016. Besoek opJunie 6, 2016.
  7. Alyssa Toomey; Baker Machado (September 25, 2015)."Caitlyn Jenner Legally Changes Her Name and Gender". E!.Geargiveer vanaf die oorspronklike op Junie 17, 2016. Besoek opJunie 5, 2016.
  8. Ed Pilkington (Junie 2, 2015)."Caitlyn Jenner: transgender community has mixed reactions to Vanity Fair reveal".The Guardian.Geargiveer vanaf die oorspronklike op Junie 9, 2016. Besoek opJunie 7, 2016.Caitlyn Jenner's transition on the cover of Vanity Fair into the most famous trans woman in the world has earned her a massive global platform in under 24 hours.
  9. "Transgender reality, post-Jenner". MSNBC. Junie 2, 2015.Geargiveer vanaf die oorspronklike op Maart 4, 2016. Besoek opJunie 7, 2016.As Caitlyn Jenner becomes the most famous transgender woman in history.
  10. Jacobs, Julia (25 Oktober 2018)."Caitlyn Jenner, a Longtime Republican, Revokes Support for Trump Over Transgender Rights".The New York Times.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Desember 2020. Besoek op30 April 2021.
  11. Crary, David (24 April 2021)."LGBTQ activists not excited by Caitlyn Jenner's campaign for governor".The Associated Press.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2021. Besoek op3 Mei 2021.
  12. Burns, Katelyn (30 April 2021)."Trans people are dreading Caitlyn Jenner's run for governor".Vox (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2021. Besoek op3 Mei 2021.

Skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Caitlyn_Jenner&oldid=2663458"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp