Seeslakke | |
---|---|
![]() | |
Verskeie voorbeelde vanCaenogastropoda | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Subklas: | Caenogastropoda |
Seeslakke (Caenogastropoda) is 'n subklas seediere wat aan dieKlas vanslakke (Gastropoda) behoort. Seeslakke word gevind in alle mariene habitats, vanstrandmere, kus en oseaan bodems. Almal het 'n dop wat uit proteïne enchitin bestaan en versterk is metkalsiumkarbonaat. Verdraaiing van die lyf van 180 ° vind plaas gedurende die ontwikkelingsfase sodat diekieu en anus hoër as die kop is. Dit voorkom dat die water wat hulle gebruik omsuurstof van te verkry besmet raak deur afvalstowwe afgeskei deur hul self. Die meeste seeslakke kan hul self terug trek in hulle doppe en die opening seel met 'n operkulum wanneer hulle bedreigd voel of onaktief is. Baie seeslakke isherbivore en vreet seegras. Ander iskarnivore en het 'n snuif orgaan om te ruik vir chemiese reuke afgegee deur hulle prooi. Party seeslakke het 'n radula wat deur die doppe van hul prooi kan boor waarna hulle 'n suigbuis deur die opening steek om die prooi se vleis uit te suig.