Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Cactaceae

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Kaktus
Tydperk:35–0 m. jaar geledeLaatEoseen - Hede
Verskeie Cactaceae
Wetenskaplike klassifikasiee
Domein:Eukaryota
Koninkryk:Plantae
Klade:Tracheofiete
Klade:Angiospermae
Klade:Eudicots
Orde:Caryophyllales
Familie:Cactaceae
Juss.[1]
Subfamilies
Sinonieme[2]
  • OpuntiaceaeDesv.
  • LeuchtenbergiaceaeSalm-Dyck ex Pfeiff.

DieCactaceae is die kaktusfamilie. Dit is 'n grootplantfamilie uit dieAmerikas, wat ook in ander dele van die wêreld indringerplante opgelewer het soos dieOpuntia wat ook in Suid-Afrika wydverspreid voorkom.

Die kaktusse issukkulente wat deur groot dorings gekenmerk word.

In Noord-Amerika is dieCactaceae een van twee belangrikste sukkulentefamilies van die woestyngebiede. Die ander een is diejukkas (Agavaceae). Die kaktusse is stam-sukkulente, die jukkas is blaar-sukkulente. Altwee groepe isCAM-plante wat oordag hulle huidmondjies geslote kan hou en snags wanneer dit koeler is deur die oop mondjies koolstofdioksied kan in- en suurstof kan uitasem. Die sukkulente weefsels stoor nie net vog nie maar ook die malaat wat snags gevorm en bedags gedekarboksileer word, wat 'n stap is in die fotosintetiese pad.

Kaktusse is vetplante en nie regtexerofiete nie. In die droogste woestyne waar reënval baie onreëlmatig is, of waar dit in die groeiseisoen vries, kan hulle nie oorleef nie. In Noord-Amerika word hulle veral in die Sonorawoestyn en dele van die Chihuahuawoestyn aangetref en baie minder in die Mojavewoestyn wat min somerreëns kry en waar die winters deur buitegewoon lae temperature gekenmerk word.

Kaktusse het vyf basiese morfologiese trekke:[3]

  1. Die groot kolomkaktusse soosCarnegiea gigantea ofPachyvereus spp.
  2. Die korter maar stewiger vatkaktusse soosFerocactus spp. enEchinocactus spp.
  3. Die silindrieseCylindropuntia-spesies ("cholas") soosC. acanthocarpa enC. bigelovii
  4. Die plat-opuntias met afgeplatte stamme soosO. basilaris
  5. Party kort, bolvormige kaktusse soos van die genusseMammillaria ofCoryphantha
  • 1. Carnegiea gigantea
    1.Carnegiea gigantea
  • 2. Ferocactus pilosus
    2.Ferocactus pilosus
  • 3. Cylindropuntia acanthocarpa
    3.Cylindropuntia acanthocarpa
  • 4. O. basilaris
    4.O. basilaris
  • 5. Mammillaria polythele
    5.Mammillaria polythele

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Angiosperm Phylogeny Group (2009). "An update of the Angiosperm Phylogeny Group classification for the orders and families of flowering plants: APG III".Botanical Journal of the Linnean Society.161 (2): 105–121.doi:10.1111/j.1095-8339.2009.00996.x.
  2. Org, Registry-Migration.Gbif (14 Februarie 2017)."Cactaceae".gbif.org (Data Set). GBIF Secretariat: GBIF Backbone Taxonomy.doi:10.15468/39omei.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Februarie 2017. Besoek op16 April 2017.
  3. Physiological Ecology of North American Desert Plants: with 86 figures and 21 tablesStanley D. Smith, Russell K. Monson, Jay Ennis Anderson Springer Science & Business Media, 1997,ISBN 3540531130,ISBN 9783540531135
NormdataEdit this at Wikidata
Taksondatabasisse
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Cactaceae&oldid=2497487"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp