Middel-Europese Tyd (MET) (Engels:CET virCentralEuropeanTime) is 'ntydsone wat een uur voorUTC is (UTC+1). Die meesteEuropese lande val in hierdie tydsone. In die somer skakel hierdie lande oor na MEST, Middel-Europese Somertyd, UTC+2 (in EngelsCEST,Central European Summer Time).
Die teoretiese sone van Midde-Europese Tyd loop vanaf 7,5° oosterlengte tot 22,5° oosterlengte.
In Mei1940 word Middel-Europese Tyd in Nederland, België, Luxemburg en Frankryk deur die Duitse besetting ingevoer. Na die besetting word die situasie gehandhaaf. Spanje gebruik MET sedert1946.