Ligging van dieGroot HadronversnellerStruktuur van die huidige stelsel.Lugfoto van CERN se geboue.██ CERN lidlande: 21██ Toetreding aan die gang: 3 lande██ Verklaar bedoeling om aan te sluit: 3 lande██ Waarnemers: 4 + EU en Turkye██ Samewerkingsooreenkoms: 35 + Slowenië, Siprus██ Wetenskaplike kontakte: 19 lande
CERN (afkorting virConseil Européen pour la Recherche Nucléaire, Europese Kernnavorsingsraad[1]) is ’n grootwetenskaporganisasie inGenève,Switserland, watdeeltjiefisika bestudeer en die wêreld se grootste deeltjiefisika-laboratorium bedryf. Die organisasie is in 1954 gestig en is geleë in die noordwestelike voorstede vanGenève op die grens tussenFrankryk enSwitserland. Altesame 20 Europese lande is lid daarvan en die sentrum is bekend vir sy groot en kragtigedeeltjieversnellers (spesiale masjiene wat baie klein materiepartikels teen hoë snelhede laat beweeg). Sy nuutste versneller, dieGroot Hadron-versneller, is die kragtigste ter wêreld.[2]
Die term CERN word ook gebruik om na die laboratorium te verwys waar 2 400 voltydse en 1 500 deeltydse werknemers betrokke is en ongeveer 10 000 besoekende wetenskaplikes en ingenieurs van nagenoeg 608 universiteite en navorsingseenhede is. 113 nasionaliteite word daar verteenwoordig.
CERN se hooffunksie is om die deeltjieversnellers en ander infrastruktuur te verskaf wat nodig is vir hoë-energiefisikanavorsing – die resultaat is dat talle eksperimente uitgevoer is deur CERN na internasionale samewerkingsgeleenthede. DieWêreldwye Web het ook hier ontstaan. Die hoofterrein byMeyrin huisves ’n groot rekenaar met ’n kragtige dataverwerkingsfasiliteit, hoofsaaklik vir eksperimentele data-ontleding. Weens die behoefte aan beskikbaarheid van hierdie fasiliteite aan navorsers op ander plekke, is hierdie histories ’n groot kern vir ’n wye areanetwerk.
CERN was oorspronklik 'n afkorting virConseil Européen pour la Recherche Nucléaire (Europese Raad vir Kernnavorsing). Op29 September1954 word 'n akte geteken wat die raad ontbind en metl'Organisation européenne pour la Recherche nucléaire (Europese Organisasie vir Kernnavorsing) vervang. Tans word na CERN verwys as dieLaboratoire européen pour la physique des particules (Europese laboratorium virpartikelfisika). Die oorspronklike naam, CERN het dus al die jare behoue gebly en dra opsigself nie meer enige betekenis nie.
Ongeveer 3000 mense werk (in 2003) voltyds by CERN. Daarnaas neem ongeveer 6500 wetenskaplikes (van 500 universiteite uit 80 lande) deel aan die eksperimente wat daar uitgevoer word. Hierdie eksperimente vind in een van hulle sespartikelversnellers plaas. Met die eksperimente word gepoog om insig te kry in hoematerie opgebou is: uit watterpartikels dit bestaan en wat sekragte dit bymekaar hou.
Die ondersoeke word gedoen deur middel van partikelversnellers, waarmee partikels tot amper die spoed van lig versnel word voordat dit met mekaar bots. Gedurende die impak breek die partikels inquarks op. Hierdie eksperimente word gedoen om teorieë te vind wat die 4 fundamentele kragte (elektromagnetiese krag,swaartekrag,swak kernkrag ensterk kernkrag) kan verklaar ten opsigte van 'n enkele elementêre krag.
Op hierdie oomblik word aan 'n nog groter partikelversneller, dieGroot Hadronversneller gewerk. Die versneller het in September 2008 operasioneel geword. Daar word gehoop om dieHiggsboson in die versneller te vind. DieHiggsboson is 'n partikel wat ander partikels massa gee, en is die laaste partikel in die standaardmodel van materie wat nog nie waargeneem is nie.
Naas bogenoemde lede behoort daar ook 'n aantal toeskouerlande aan CERN. Hierdie lande mag die bestuursvergaderings bywoon en die notules verkry, maar het geen stemreg nie. Die status is ideaal vir lande wat nie lede kan of mag word nie, maar wel graag wil deelneem. Die huidige toeskouerlande is:
Naas lede en toeskouers neem wetenskaplikes uit verskeie ander lande aan CERN se eksperimente deel. Suid-Afrika word ook in die groep verteenwoordig. Hulle is: