Busan lê aan die Nakdongrivier, oos van dieberg Kumjung. Dié stad het 'n bevolking van 3,4 miljoen in 2020 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 770,04 km². Busan lê in die provinsie Suid-Gyeongsang, maar is 'n onafhanklikbestuurde gebied.
Die berg Kumjung, wes van Busan, is 'n gewilde daguitstappie vir die stad se inwoners. 'n Drukbesoekte strand is die Haeundae-strand.
In die noorde van Busan is die Nasionale Universiteit van Busan. Rondom die universiteit is daar kafees, kroeë enrestaurante. Die Chalgalchi-mark by die hawe is bekend vir sy varsvis en anderseekos. Die mark is in 'n gebied met smal straatjies.