Busan (Koreaans: 부산광역시) is die tweede grootstestad naas diehoofstadSeoel in die suide vanSuid-Korea en is in die suide van dieKoreaanse Skiereiland aan dieSee van Japan geleë. Busan is die belangrikste hawestad van Suid-Korea en het 'n reuse houerterminaal. Busan is sterk geïndustrialiseer.
Busan lê aan die Nakdongrivier, oos van dieberg Kumjung. Dié stad het 'n bevolking van 3,4 miljoen in 2020 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 770,04 km². Busan lê in die provinsie Suid-Gyeongsang, maar is 'n onafhanklikbestuurde gebied.
Die berg Kumjung, wes van Busan, is 'n gewilde daguitstappie vir die stad se inwoners. 'n Drukbesoekte strand is die Haeundae-strand.
In die noorde van Busan is die Nasionale Universiteit van Busan. Rondom die universiteit is daar kafees, kroeë enrestaurante. Die Chalgalchi-mark by die hawe is bekend vir sy varsvis en anderseekos. Die mark is in 'n gebied met smal straatjies.
- Gijang-gun (기장군; 機張郡)
- Buk-gu (북구; 北區)
- Busanjin-gu (부산진구; 釜山鎭區)
- Dong-gu (동구; 東區)
- Dongnae-gu (동래구; 東萊區)
- Gangseo-gu (강서구; 江西區)
- Geumjeong-gu (금정구; 金井區)
- Haeundae-gu (해운대구; 海雲臺區)
- Jung-gu (중구; 中區)
- Nam-gu (남구; 南區)
- Saha-gu (사하구; 沙下區)
- Sasang-gu (사상구; 沙上區)
- Seo-gu (서구; 西區)
- Suyeong-gu (수영구; 水營區)
- Yeongdo-gu (영도구; 影島區)
- Yeonje-gu (연제구; 蓮堤區)
Busan was een van die gasheerstede tydens dieFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002 watJapan en Suid-Korea saam aangebied het. Die stad het sy bod vir dieOlimpiese Somerspele 2020 op 14 November 2005 aangekondig, maar het uiteindelik teenTokio verloor.[1]
Panorama van Busan vanuit die Busan-toring
 | Wikimedia Commons bevat media in verband metBusan. |