Burundi (Engels: [bəˈrʊndi],luister(hulp·inligting);Frans: [buʁundi] of [byʁyndi];Kirundi: [buˈɾundi]), amptelik dieRepubliek Burundi (Engels:Republic of Burundi; Frans:République du Burundi; Kirundi:Republika y'Uburundi), is 'nlandingeslote land inSentraal- enOos-Afrika net suid van dieewenaar. Dit is naasRwanda die digsbevolkte land inAfrika. Net soos sy buurstaat is dit 'n voormalige deelgebied vanDuits-Oos-Afrika, wat later as mandaatgebied van dieVerenigde Nasies 'nBelgiese administrasie kry. Albei lande word deur etniese konflikte tussen dieTutsi-minderheid en dieHutu-meerderheid geteister. DieTwa vorm die derde etniese groep in daardie lande. Burundi word in 1962 onafhanklik van België. Bykans ’n halfmiljoen mense het in etniese slagtings omgekom, veral gedurende dievolksmoorde van 1972 en 1993. Dit is ’n lidland van dieAfrika-unie.[7] Burundi beslaan 'n oppervlakte van 27 830 km² en het in 2020 'n bevolking van 13 590 102 gehad.[1] Die voormalige koninklikehoofstadGitega dien sedert 24 Desember 2018 as hoofstad van die land,[8] terwyl die ou hoofstadBujumbura steeds die grootste stad is.
Burundi is 'n bergagtige land in Sentraal-Afrika, met ’n plato en vlaktes in die ooste en dieTanganjikameer, geleë in dieGroot Skeurvallei, in die suidweste. Dit is landgebonde, metRwanda in die noorde,Tanzanië in die ooste en suidooste, en dieDemokratiese Republiek die Kongo in die weste. Dit is in dieGroot Mere van Afrika-streek en lê baie hoog; sy geografie word oorheers deur berge in die weste en savanne aan die oostekant, met talle mere regdeur die land. Dieklimaat is matig tot subtropies, met tweereënseisoene en twee droë seisoene per jaar.
Kaart van BurundiVlag van die Koninkryk Burundi (1962–1966)
Burundi is oorspronklik die tuisland van die Hutu, 'n volk van akkerbouers. Tydens die 15de eeu vestig die Tutsi, veeboere wat vanuit die noorde na die gebied van die groot mere van Sentraal-Afrika getrek het, hulle in die gebied van die huidige Burundi en onderwerp die inheemse bevolking in 'nfeodale stelsel. Omtrent 1500 word die Koninkryk Burundi opgerig.
In die laat 19de eeu kom Burundi saam met die aangrensende Rwanda onder die invloed van dieDuitse Keiserryk en word as selfregerende sultanaat deel van Duits-Oos-Afrika. Troepe vanuit Belgies-Kongo verower die gebied tydens dieOos-Afrika-veldtog in 1916 en stel 'n militêre bewind in. Burundi word saam met Rwanda ná dieEerste Wêreldoorlog deel van die Belgiese mandaatgebied Rwanda-Urundi.
In 1960 word die mandaatgebied weer in sy oorspronklike deelgebiede Rwanda en Burundi geskei. Die monargistiese Mwami- of Koninklike Party wen die eerste algemene verkiesing, wat in 1961 onder die toesig van dieVerenigde Nasies plaasvind. Met die onafhanklikwording op 1 Julie van die volgende jaar word die monargistiese staatsbestel behou, tog bly die politieke en ekonomiese bemagtiging van die Hutu-meerderheid 'n ernstige vraagstuk wat die ontwikkeling van die land oorskadu. Ondanks 'n aantal maatreëls ter bevordering van die belange van die Hutu eis 'n opstand in 1959 duisende slagoffers onder die Tutsi. Die verdeeldheid van die politieke Tutsi-elite en etniese konflikte lei tot herhaalde staatsgrepe, en in Julie 1966 Koning Mwamboetsa IV afstand van die troon doen ten gunste van die nuwe maghebber Michel Micombero, wat op 28 November van dieselfde jaar die Republiek Burundi uitroep. Hy bly diktatoriale staats- en regeringshoof tot die staatsgreep van 1976. Dieburgeroorlog tussen Tutsi en Hutu in die sewentigerjare lei tot grootskaalse slagtings van veral opgeleide Hutu en politieke spanninge met Tanzanië, wat as 'n toevlugsoord vir duisende Hutu dien. Mense wat van Tanzanië terugkeer, bring dikwels kennis vanSwahili saam, wat nou 'n belangrike minderheidstaal in Burundi vorm.
Die etniese konflikte duur ook in die tagtiger- en negentigerjare voort. Burundi probeer herhaaldelik voordeel uit die burgeroorlog in die aangrensendeDemokratiese Republiek van Kongo te trek, waarby die yl bevolkte landgebiede en natuurlike hulpbronne van die buurstaat 'n begeerlike objek vir Burundi se maghebbers maak.
Van 1995 af probeer ander Afrikalande vrede bewerkstellig, enSuid-Afrika speel ’n leidende rol hierin. ’n Groot mate van stabiliteit het sedert 2008 ingetree, maar daar het nie veel van die land se ekonomie oorgebly nie.[7]
Burundi is die armste land in die wêreld (BBP per capita: US$106 in 2005). Bestaansboerdery is die ekonomiese basis vir die grootste deel van die bevolking, wat maniok (broodwortels),piesangs,mielies,bone,rys engroente verbou.Katoen,koffie,tee entabak is belangrike uitvoerprodukte. Die lae produktiwiteit van die veeteelt belemmer die opbou van uitvoermarkte, en net velle word in groot hoeveelhede bemark.
Vissery speel 'n belangrike rol as een van die skaars bronne van proteïen in die land, terwyl die bosbou deur die grootskaalse ontwouding en erosie geknel word.
Die industriële ontwikkeling van die land is weens die gebrek aan kapitaal, die lae binnelandse aanvraag en die ongunstige geografiese ligging beperk op die verwerking van voedselprodukte en klereproduksie. Die natuurlike hulpbronne vanuraan,koper,kobalt ennikkel is nog nie ontgin nie.