Nasa-Satellietbeeld van Burkina FasoKaart van Burkina Faso
Burkina Faso beslaan 'n oppervlakte van 274 200 km² en het 'n bevolking van 21 510 181 in 2021 gehad. Diehoofstad en grootste stad isOuagadougou wat in die sentrum van dié land geleë is.Landbou enmynbou is die vernaamsteekonomiese aktiwiteite. Dit is ’n lidland van dieAfrika-unie.[6]
Dié land wat voorheen dieRepubliek Bo-Volta (genoem na dieVoltarivier) was, is op 4 Augustus 1984 deur presidentThomas Sankara herdoop na "die land van die regop mense" (of "regop land") inDyula enMossi, die hoofinheemse tale van dié land.Onafhanklikheid vanFrankryk word in 1960 bereik. Onstabiliteit in die 1970's en 1980's is gevolg deur veelparty-verkiesings in die vroeë 1990's. Honderdduisende plaaswerkers trek elke jaar suid na dieIvoorkus enGhana op soek naloonarbeid. Die inwoners van Burkina Faso staan bekend as Burkinabé wat inFula "mans of vrouens" beteken.[7] Hiermee word al drie nasionale tale van Burkina Faso – Dyula, Fula en Mossi – by die benaming van dié land ingespan. Burkina Faso se hoofstad Ouagadougou huisves al om die twee jaar die Pan-Afrika-rolprentfees FESPACO.