Bulgar ofBolghar (Tataars: Болгар,Bolgar;Tsjoewasjies: Пӑлхар,Palchar) was van die8ste tot die15de eeu periodiek die hoofstad vanWolga-Bulgarye. Dit was geleë aan die oewers van dieWolgarivier, sowat 130 km van die moderneKazan in wat nou die Spasski-distrik in die RussieseRepubliek Tatarstan is. Wes daarvan is ’n klein moderne dorp wat sedert 1991 bekend is asBolgar. Die terrein is sedert 2014 ’nUnesco-wêrelderfenisgebied onder die naam Bolgar Historiese en Argeologiese Kompleks.
Die stad was van die 8ste eeu af ’n hoofstad van Wolga-Bulgarye. Die hoofstad is later weens invalle geskuif naBilär. Nadat laasgenoemde tydens dieMongoolse invalle verwoes is, het die ou stad ’n sentrum van ’n aparte provinsie in dieGoue Horde geword. In die tyd onder Mongoolse beheer het Bulgar baie ryk en tien keer so groot geword.
Ná ’n oorlog in die 1380's en vroeë 1390's tussen tweekhans het die rykdom afgeneem en is dit verskeie kere aangeval en geplunder. Dit is eindelik in 1431 deurWasili II van Moskou verwoes. Dit het bly voortbestaan as ’nMoslemse godsdienssentrum tot die middel van die16de eeu, toe dieKazanse Khanaat deurtsaarIwan die Verskriklike verslaan en by dieRussiese Ryk ingelyf is.
Gedurende die tsaristiese bewind het Russiese burgers hier gewoon.Pieter die Grote het ’n spesialeoekaz afgekondig om die oorblywende ruïnes te bewaar – dit was moontlik die eerste Russiese wet om ’n historiese erfenis te bewaar.
In dieSowjettyd het Moslems van Tatarstan en ander dele van die land na Bulgar gereis omdat hulle nie kon deelneem aan die hadj inMekka nie.
DieTatare verwys na die stad asSjari Bolgar (Шәһри Болгар,Şähri Bolğar), dus "die stad Bolgar". Dit is deel van hul kulturele erfenis omdat baie Tatare Wolga-Bulgarye beskou as die voorloperstaat van die Kazanse Khanaat, wat op sy beurt kultuurbande met die moderne Tatarstan het.
Die hoofstad van Tatarstan is vandagKazan, maar baie Tatare beskou Bulgar as hul antieke en godsdienshoofstad en ’n simbool van die Moslems-Bulgaarse lewe voor die Mongoolse inval van Wolga-Bulgarye.
Die Swart Kamer
Die oostelike mausoleum
Die khan se mausoleum
Die noordelike mausoleum
|
---|
| Sentraal | | |
---|
Suidelik | |
---|
Noordwestelik | |
---|
Verre-Ooste | |
---|
Siberië | |
---|
Wolga | |
---|
Noord-Kaukasus | |
---|
1 Gedeel met Litaue • 2 Gedeel met nege ander lande • 3 Gedeel met Mongolië |