Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Bugs Bunny

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Bugs Bunny
Standbeeld van Bugs Bunny in Chittagong, Bangladesj.
Standbeeld van Bugs Bunny inChittagong,Bangladesj.

Skepping
Eerste verskyningPorky's Hare Hunt (Vroeë weergawe) 30 April 1938
A Wild Hare (Amptelike weergawe) 20 Julie 1940
Geskep deurBen Hardaway, Cal Dalton (prototipe)
Tex Avery (amptelik)
StemMel Blanc (1940–1989)
Jeff Bergman (1990–1992, 2003, 2011–hede)
Greg Burson (1991–1997)
Billy West (1996–2006)
Joe Alaskey (2000–2011)
Samuel Vincent (2001–2006)
Inligting
SpesieKonyn ofhaas
GeslagManlik
Ander familieHoney Bunny (1966-1996)
Lola Bunny (1996-hede)
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State

Bugs Bunny is 'nhaas in 'nstrokiesprent wat gaande is oorwortels.[1] Die karakter is deur Warner Bros vir hulle tekenreekseLooney Tunes enMerrie Melodies geskep, en het een van die bekendste tekenfilmfigure ter wêreld geword.[2]

Bugs is veral bekend vir die frase "What's up, doc?" (in 'nNew Yorkse aksent) wat die eerste keer op27 Julie1940 inA Wild Hare gehoor is. Bugs verskyn egter al in1938 in 'n fliek van Porky Pig:Porky's Hare Hunt. Sedert sy debuut is Bugs in talle kortfilms, speelfilms, TV-reekse, strokiesprente, videospeletjies, pretparkritte en advertensies gebruik. Hy was die tweede tekenkarakter (naMickey Mouse) om 'n ster op dieHollywood Walk of Fame te ontvang.[3]

Personage

[wysig |wysig bron]
Bugs Bunny

Bugs is 'nvermensliktekonyn of haas (daar word tot vandag toe bespiegel wat hy nou regtig is) met 'n grys-wit pels. Met uitsondering van sy withandskoene, dra hy geen klere nie.

Bugs raak in bykans elk film waarin hy speel by 'n konflik met ander karakters betrokke, hoewel dit selde sy skuld is. Hy probeer meestal om konflik te vermy, maar as iemand hom kwaad maak, deins hy vir niks terug nie. Wanneer hy sy geduld verloor en openlik moeilikheid soek, kondig hy dit altyd aan met die sin: "Of course you realize, this means war!"

In die films van die jare dertig en veertig word Bugs as 'n wilde konyn uitgebeeld. So woon hy onder die grond in 'n gat. Hy gedra homself ook kinderagtig. In latere films word hy kalmer en gedra hy homself meer volwasse. In teenstelling tot ander tekenfilmfigure trek hy self maar selde aan die kortste end.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]
Bugs Bunny se ster op die Hollywood Walk of Fame.

Volgens historici is Bugs op 'nWalt Disney-karakter genaamdMax Hare gebaseer. Die karakter is deur Charlie Thorson vir dieSilly Symphonies-filmThe Tortoise and the Hare ontwerp. 'n Prototipe van Bugs Bunny is al in 1938 in die filmPorky's Hare Hunt gebruik.

Bugs maak sy amptelike debuut in 1940 inA Wild Hare. Dit word as Bugs se eerste amptelike optrede gesien, omdat hy in die film vir die eerste keer soos die Bugs Bunny wat mense tans ken lyk. Sy naam word vir die eerste keer in die daaropvolgende film,Elmer's Pet Rabbit, vermeld. Beide films was 'n groot sukses gewees, en het Bugs een van die bekendste karakters van dieLooney Tunes-reeks gemaak. In ongeveer 1942 het Bugs ook die ster van dieMerrie Melodies-reeks geword. Hy is daarna in talle film gebruik.

Bugs het ook van die doek/skerm af bekend geword. Hy word die gelukbringer vir Warner Bros, soosMickey Mouse die gelukbringer van Disney was. Van 1943 tot 1946 was Bugs Bunny ook die gelukbringer van dieKingman Army-lugveld inArizona gewees.

Stem-akteurs

[wysig |wysig bron]

Mel Blanc was die bekendste akteur agter Bugs Bunny se stem. Hy vertolk die rol vanaf Bugs se debuut, vir 51 jaar. Na sy dood in 1989 neem Jeff Bergman die rol oor. Ander akteurs wat vir Bugs gepraat het, is:

  • Billy West
  • Joe Alaskey
  • Samuel Vincent
  • Noel Blanc

Verdere naleeswerk

[wysig |wysig bron]
  • Bugs Bunny: 50 Years and Only One Grey Hare, deur Joe Adamson (1990), Henry Holt,ISBN 0-8050-1855-7
  • Looney Tunes and Merrie Melodies, deur Jerry Beck and Will Friedwald (1989), Henry Holt,ISBN 0-8050-0894-2
  • Chuck Amuck : The Life and Times of an Animated Cartoonist deur Chuck Jones, gepubliseer deur Farrar Straus & Giroux,ISBN 0-374-12348-9
  • That's Not All, Folks! deur Mel Blanc, Philip Bashe. Warner Books,ISBN 0-446-39089-5 (sagteband)ISBN 0-446-51244-3 (hardeband)
  • Of Mice and Magic: A History of American Animated Cartoons, Leonard Maltin, Revised Edition 1987, PlumeISBN 0-452-25993-2 (sagteband)ISBN 0-613-64753-X (hardeband)

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,ISBN 978-1-77578-243-8
  2. "Most Portrayed Character in Film".Guinness World Records (in Engels). Mei 2011. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 4 Februarie 2012. Besoek op7 Mei 2017.
  3. "Bugs Bunny" (in Engels). Hollywood Chamber of Commerce.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op28 Junie 2012.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Bugs_Bunny&oldid=2433115"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp