Aanvanklik bestaan die diagenese veral uit verlies van water wat uit humus 'sagte' bruinkool (Weichbraunkohle) vervaardig. Dit lyk nog baie soos veen. Die omsetting na harde 'glans'-ligniet (Glanzbraunkohle) behels nogtans 'n chemiese verandering wat dikwels ook as 'n metamorfiese proses beskou word. In sagte bruinkool is die houterige reste amper identies aan hout self, maar in die glansvorm is sy selliggame volledig saamgepak. Die humusmateriaal moet in hierdie verandering aan peptisasie blootgestaan het. Hierdie proses kan in die laboratorium nageboots word deur sagte bruinkool tot bokant 100 °C te verwarm en bloot te stel aan 'n druk soos dit op 1400 meter diepte heers. Die voggehalte verminder met omtrent 24% en die volume met 40% tydens hierdie eksperiment.[1]
Ondergrondse bruinkoolbrand
In die natuur word gevind dat die voggehalte in byvoorbeeld die harde ligniet vanBorneo 1% verminder per 100 meter diepte. Kenmerkend vir die oorgang van die sagte vorm na die glansvorm is dat die gehalte aan aromatiese koolstofverbindings hoër word. 'n Hoëtemperatuur is 'n belangrike faktor in die omsettingsproses, maar die voorkoms van harde bruinkool uit die VroeëKarboon vanMoskou wys dat 'n lang tydverloop dit ook kan bewerkstellig.[1]
Bruinkool kan ondergrondse brande veroorsaak. Die grondlae bo die bruinkool vorm hierdeur dikwelsklinker: natuurlikebaksteen en die breuke wat hierby ontstaan lewer toegangspaaie vir die suurstof van die atmosfeer. Hierdeur hou die brand homself in stand.[2]
Bruinkool is sedert lank as brandstof gebruik, hoewel dit taamlik groot nadele het. Die koolstofgehalte van ligniet is omtrent 70% en sy energiewaarde is die laagste van alle soorte kool (omtrent 14,6 – 19,3 MJ/kg). Ketels wat ligniet stook moet daarom groter wees as ander ketels. Omdat bruinkool baie vlugtige stowwe bevat is dit ook die maklikste om te ontsteek en dit kan gevaar oplewer.[3]Die vervoer van bruinkool is gewoonlik nie winsgewend nie en bruinkool word daarom meestal op die plek waar dit gevind word verwerk of verbrand omelektrisiteit op te wek.[4]
Die grootste ontginner van bruinkool isChina met omtrent 18%. Ander lande waar dit gemyn word isDuitsland, dieRussiese federasie,Turkye enIndonesië. Saam ontgin hulle omtrent 55% van die wêreldproduksie van omtrent 1,05 miljard ton (2016).[5]
In die DDR het bruinkool vroeër 75% van die opgewekte energie gelewer en in Oos-Duitse streke soos dieLausitz is die bruinkoolmynbou steeds baie belangrik. Duitsland het in 2017 nog 43 kragstasies wat met bruinkool gestook word. Dit is in Duitsland 'n polities taamlik omstrede saak. Veral die Groene party wil die uitstoot vankoolstofdioksied verder verminder. Steenkool en bruinkool is sterk vir hierdie uitstoot verantwoordelik.[6] Bruinkoolmynbou veroorsaak ook metaanvrystellings enmetaan is 'n kragtiger kweekhuisgas askoolstofdioksied. Hoe groot daardie probleem is, is nie heeltemal duidelik nie. In 2024 het dieDeutsche Umwelthilfe (DUH) berig dat die emissies deur Duitsland se myne nie 1 390 maar 256 000 ton per jaar was nie.[7]
'n Ander probleem is dat bruinkool dikwels 'n hoë swawelgehalte besit. InTsjeggiese bruinkool wat naby die stad Most gemyn word is dit 2,5% en dit bevat ookarseen. Verbranding kan daarom tot groot skade aan die omgewing en die gesondheid lei.[8] In die kommunistiese tyd was dit 'n groot probleem.
Bruinkool word ook bewerk en gepers om brikette te vervaardig. Hulle is gesog vir braaidoeleindes. Dit benodig nogtans omtrent 50 minute voordat die eerste vleis daarop gelê kan word.[9]
Bruinkool kan as adsorbent gebruik word, sy hoë spesifieke oppervlak, poreusheid, funskionele groepe en teenwoordigheid vankalsium- enmagnesiumione dra aan hierde eienskap by. Basiese kleurstowwe word maklik opgeneem. Dit kan verder geaktiveer word deur behandeling met 50%swawelsuur by 100 oC. Bruinkool word ook verwerk tot aktiewe koolstof, 'n absorbent wat baie aangewend word om metaalione of kleurstowwe uit water te verwyder.[10]
In Suid-Afrika word plek-plek bruinkool gevind langs die westelike kusvlakte. Dit is meestal lensvormig en die enigste aansienlike neerslae word op drie plekke aangetref:Koekenaap (300 km noord van Kaapstad),Bergrivier (120 km noord) enKraaifontein (25 km oos). Dit stam uit dieMioseen toe die klimaat hier warm en vogtig was en dit tot veenvorming gelei het.[11]
Bruinkool kan interessantefossiele oplewer. Plantfossiele is volop in bruinkool omdat dit in suurstofarme moerasse gevorm het.[2] Die bruinkool van Brandon inVermont, VSA en van Duitsland het blare, vrugte en sade uit die Tersiêr opgelewer wat anatomies goed met onlangse plante vergelyk kan word.[12]
Die bruinkool van Geiseltal, nabyHalle am Saale in Duitsland het uitstekend bewaardevisfossiele uit die LaeTersiêr opgelewer. Navorsers kan nie net die osteologie (dieskelet) studeer nie, maar ook die histologie (die sagte weefsel). Die datering van bruinkool kan dikwelspalinologies bepaal word.[13]
'n Ander voorbeeld is die Shihuiba-formasie in die Lufeng-distrik vanYunnan, China. Die bewoners van die dorp Shihuiba het die bruinkool van die suidelike helling van die Miaoshan-heuwel as brandstof gebruik en daarby het hulle soms soogdierfossiele uit die Laat Mioseen gevind. In 1975 het die Instituut vir Werweldierpaleontologie en Paleoantropologie van die Chinese Akademie vir Wetenskappe 'n opgrawing begin wat in die tydperk 1976–1983 talle fossiele van Hominide opgelewer het, soosRamapithecus lufengensis wat laterLufengpithecus lufengensis geword het.[14] Hierdie uitgestorwe verwant van dieOrang-oetang word tot die Ponginae gereken.
In die Italiaanse Baccinello-bruinkoolmyn is in 1958 'n skelet gevind van 'n ander hominoïedeOreopithecus bambolii[15]
↑1,01,1The chemical and structural metamorphosis of coalsM. Teichmüller, R. Teichmüller Geol Rundsch 42:265-296 in:Milestones in Geosciences: Selected Benchmark Papers Published in the Journal „Geologische Rundschau“ Springer Science & Business Media, 2002,ISBN 3-540-44221-9,ISBN 978-3-540-44221-9
↑Terrestrial Ecosystems Through Time: Evolutionary Paleoecology of Terrestrial Plants and AnimalsJohn D. Damuth, William A. DiMichele, Richard Potts University of Chicago Press, 1992,ISBN 0-226-04155-7,ISBN 978-0-226-04155-1
↑Basic Questions in Paleontology: Geologic Time, Organic Evolution, and Biological SystematicsOtto H. Schindewolf University of Chicago Press, 1993,ISBN 0-226-73835-3,ISBN 978-0-226-73835-2
↑Fossil Mammals of Asia: Neogene Biostratigraphy and ChronologyXiaoming Wang, Mikael Fortelius, Lawrence J. Flynn Columbia University Press, 2013,ISBN 0-231-52082-4,ISBN 978-0-231-52082-9