Brucellose[1][2] is 'n hoogs aansteeklike soönose wat veroorsaak word deur die inname vanongepasteuriseerdemelk of vleis wat nie gekook is nie, van besmette diere, of noue kontak met hul afskeidings.[3]
Die simptome is soos dié wat verband hou met baie ander koorsiektes, maar met die klem op spierpyn en nagsweet. Die duur van die siekte kan wissel van enkele weke tot maande of selfs jare.
In die eerste fase van die siekte kom bakterieemie voor en lei dit tot koors, sweet (dikwels met kenmerkende vuil, muwwe reuk wat soms met nat hooi vergelyk word), en migrerende artralgie en mialgie (gewrigs- en spierpyn).