Die pond sterling se valutateken.Wisselkoers tussenEuro en pond sterling sedert 2009
Die Britse pond is die oudste geldeenheid ter wêreld wat steeds in omloop is, asook die vierde belangrikste geldeenheid wat op internasionale markte verhandel word (ná dieAmerikaanse dollar, die Europeseeuro en dieJapannese jen) en die derde belangrikste globale reserwe-geldeenheid. Sy waarde is die hoogste van alle belangrike geldeenhede, met 'n wisselkoers van meer as 19 ZAR in Julie 2015.[3]
Die oorspronge van die pond sterling strek terug tot 760 toe die silwerpennie in omloop gebring is en vinnig in alle Angel-Saksiese koninkryke as geldeenheid aanvaar is. Die oorspronklike ontwerp van suiwer silwermuntstukke is in 1158 gewysig, en nuwe munte, wat as pond sterling bekend gestaan het, is van 92,5 persentsilwer geslaan. Silwerpennies was die enigste muntstukke in Engeland voordat die sjieling in 1487 ingevoer is en twee jaar later ook die pond.
Die eerste banknote, wat deurgoud in plaas van silwer gedek is, is in 1694 uitgereik, en een jaar later is dieBank van Engeland as een van die eerste sentrale banke ter wêreld gevestig. Nog tot in 1855 was alle banknote handgeskrewe en eers daarna is oorgeskakel na die drukpers.
In die vroeë 20ste eeu het steeds meer lande begin om hul geldeenhede deur fisieke goud te dek. Die invoering van 'n goudstandaard het vir die eerste keer in die geskiedenis die ruil van een geldeenheid teen 'n ander moontlik gemaak. Die wêreldhandel het vervolgens 'n omwenteling ondergaan. Die Verenigde Koninkryk het die goudstandaard amptelik in 1816 aanvaar, al was dié stelsel de facto reeds sedert 1670 in gebruik. Die waardestyging in die Britse pond, wat daaruit voortgespruit het, het aanleiding gegee tot 'n tydperk van aansienlike ekonomiese groei wat tot in 1914 sou voortduur.[4]