Die Britse Maagde-eilande behoort geografies tot dieMaagde-eilande[3] van dieKlein-Antille. Dit is in die noordoostelikeKaribiese See op die grens met dieAtlantiese Oseaan geleë. Die Britse Maagde-eilande grens in die weste aan dieAmerikaanse Maagde-eilande en in die ooste aanAnguilla. Dit bestaan uit die hoofeilande Anegada, Jost van Dyke, Tortola, Virgin Gorda en ander eilande. Diehoofstad en grootste stad isRoad Town, wat op die eiland Tortola geleë is.
Die Maagde-eilande is in 1493 deurChristophorus Columbus tydens sy tweede reis virEuropa ontdek en ná dieheiligeUrsula van Keulen en haar maagd-volgelingeSanta Ursula y las Once Mil Vírgenes ("St. Ursula en haar 11 000 maagde") genoem. Alhoewel die Maagde-eilande deur dieSpaanse Ryk opgeëis is, is dié eilande nooit deurSpanjaarde gekoloniseer nie. Tydens die volgende twee eeu was die Maagde-eilande onder beheer van verskeie Europese magte soosGroot-Brittanje,Nederland,Frankryk en Denemarke-Noorweë. DieNederlanders het in 1648 'n permanente nedersetting op Tortola gestig en in 1672 hetEngeland dié eiland vanNederland verower, gevolg deur die anneksasie van Anegada en Virgin Gorda in 1680. Terselfdertyd hetDenemarke tussen 1672 en 1733 beheer oor die nabygeleë eilande Saint Thomas, Saint John en Saint Croix oorgeneem. Die Deense Maagde-eilande is volgens die Deens-Wes-Indië-verdrag op 31 Maart 1917 vir VS$25 miljoen aan die Verenigde State verkoop. Die Britse Maagde-eilande is eers as deel van die Britse Leeward-eilande en later saam metSt. Kitts en Nevis geadministreer. Dié eilande het in 1960 aparte koloniale status ontvang en in 1967 outonoom geword. Die Britse Maagde-eilande word deur dieVerenigde Nasies as 'n gebied sonder eie regering beskou.[4] Die Britse Maagde-eilande is gesogte vakansieplekke en dieekonomie is veral optoerisme gebaseer.[5]