Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Bristol

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Bristol

Ligging in EngelandWapen
Kaart van Bristol
 LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
 Land (VK)Vlag van Engeland Engeland
 GraafskapBristol
 Koördinate51°27′N2°35′W / 51.450°N 2.583°W /51.450; -2.583
 Oppervlakte: 
 - Totaal110vk km
 Hoogte bo seevlak11 m
 Bevolking: 
 - Totaal (City and County 2020)465 866
 - Bevolkingsdigtheid4 248/vk km
 TydsoneGMT
 -SomertydGMT +1
 BurgemeesterMarvin Rees (Lab)
 Amptelike Webwerfbristol.gov.uk

Bristol (Wallies:Bryste) is 'n stad en internasionale hawe in die suidweste vanEngeland (in dieVerenigde Koninkryk).[1] Dit is 'n nywerheidstad naby dieWalliese grens met 'n bevolking wat in 2017 op 459 300 beraam is. Die stad se historiese handelsbetrekkinge met ander wêrelddele word onder meer weerspieël in die feit dat Bristol sy naam aan altesaam 29 plekke in dieVerenigde State van Amerika, twee plekke inKanada en een elk inJamaika,Peru enCosta Rica verleen het.

Lady Chapel in die katedraal van Bristol
Bristol Moorings
DieClifton-hangbrug oor die Avon Gorge is op 8 Desember 1864 vir die publiek geopen en het sedertdien die simbool van die moderne Bristol geword. Die foto wys die brug soos gesien vanuit Leigh Woods in Noord-Somerset

Bristol is in die10de eeu as 'n nedersetting en klein seehawe in die uiterste weste van dieAngel-Saksiese magsgebied gestig. Terwyl handelsbande aanvanklik veral metIerland geknoop is, het Bristol se seehawe, wat in die gebied van die huidige Harbourside geleë was, in die volgende twee eeue steeds verder in belangrikheid toegeneem. In dieMiddeleeue was Bristol reeds die tweede grootste stad in Engeland náLonden.

Handelsbande is tot in die 17de eeu na dieKanariese Eilande,Noord- enSuid-Amerika,Afrika enWes-Indië uitgebrei. Bristol het sy welvaart in dié tydperk aan die sogenaamde "driehoekshandel" te danke gehad waarby metaalware, glas en pêrels vanuit Engeland naWes-Afrika verskeep, slawe uit Wes-Afrika na Wes-Indië geneem en suikerriet,rum,koffie, kakao entabak vir die inheemse Engelse mark ingevoer is. Toe die slawehandel in die laat 18de eeu sy hoogtepunt bereik het, is jaarliks sowat 70 000 Wes-Afrikaanse slawe na Wes-Indiese plantasies vervoer.

In die 18de en 19de eeu is nuwe plaaslike nywerhede gevestig, waaronder tabakverwerking,yster-,koper-,porselein- en glasvervaardiging asook 'n florerende sjokoladebedryf. Om die nadelige uitwerkings van die getyeverskil (die tweede grootste ter wêreld) in Bristol se seehawe teen te werk, is tussen 1804 en 1809 'n gesofistikeerde stelsel van sluise gebou om die waterpeil langs Bristol se kaaie stabiel te hou – 'n projek waarna asFloating Harbour verwys is.

In die tyd van dienywerheidsomwenteling het Engeland se ekonomiese swaartepunt noordwaarts begin verskuif en het Bristol se langdurige agteruitgang begin. Ná dieafskaffing van slawerny het skeepsbou en later vliegtuigvervaardiging tot die vernaamste ekonomiese bedrywe ontwikkel. Die relatief noueAvonrivier, wat afhanklik van die inkomende gety is, het weens die diepgang van groot stoomskepe gaandeweg sy belangrikheid vir die oorsese skeepvaart verloor. Die nuwe hawe, wat in die gebied van Avonmouth en Royal Portbury ontstaan het, word deur moderne skeepsdokke,olieraffinaderye en nywerheidsparke oorheers. In die 1980's het ook ondernemings uit die inligtingsbedryf, soosHewlett-Packard enIBM, filiale in Bristol gevestig.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Daar was 'nRomeinse stad genoemAbona in die gebied van die huidige voorstad vanSea Mills. Later was daar 'n dorp aan dieAvonrivier wat inOu-Engels asBrycgstow bekend gestaan het (letterlikDie plek by die brug).

Bristol was een van die gasheerstede tydens dieKrieketwêreldbeker 1983,Krieketwêreldbeker 1999,Rugbywêreldbeker 1999,Krieketwêreldbeker 2019 enVrouerugbywêreldbeker 2025.

Demografie

[wysig |wysig bron]

Bristol is die 6de grootste stad in die Verenigde Koninkryk. In 2006 was 88,8% van sy bevolking Blankes, 4,2% Indiërs, 2,9% Swartes, 1,3%Han-Sjinese en 2,9% ander.

Susterstede

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wiki-webtuistes

Amptelike webtuistes

Toerisme

Vlag van Engeland
Vlag van Engeland
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Akademie
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Bristol&oldid=2840103"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp