Island · Polydor · EG · Obscure · Opal · Virgin · Astralwerks · All Saints Records · Rykodisc · Warner Bros. · War
Assosiasies
Roxy Music · Robert Fripp · Harold Budd · David Bowie · Talking Heads · Jon Hassell · Cluster · Devo · David Byrne · U2 · Ultravox · Robert Wyatt · 801 · Coldplay · Genesis · Damon Albarn · Karl Hyde · Fred Frith
Brian Peter George St. John le Baptiste de la Salle Eno ([ˈiːnoʊ], *15 Mei1948 in Woodbridge, Suffolk, Engeland asBrian Peter George Eno), bekend asBrian Eno of kortEno, is 'n Engelse musikant, komponis, musiekvervaardiger, sanger en visuele kunstenaar wat bekendheid verwerf het as een van die voorste vernuwers vanambient music.
Eno het sy akademiese opleiding onder Roy Ascott by die Ipswich Civic College ontvang en vervolgens aan die Colchester Institute se kunsskool in Essex, Engeland gestudeer waar hy sy inspirasie in minimalistiese skilderkuns, kubernetiek en eksperimentele musikale tegnieke gevind het. In die vroeë 1970's het hy as sintetiseerderspeler by die musiekgroep Roxy Music aangesluit.
Roxy Music het binnekort groot sukses in die glam rock-musiekgenre behaal, maar Eno het geleidelik moeg geraak vir konserttoere en sy geskille met die groep se hoofsanger Bryan Ferry. In 1973 het Eno die groep verlaat om 'n reeks vernuwende langspelers op te neem waarop hy met verskillende musiekstyle geëksperimenteer en 'n baanbreker virambient music geword het.