William Bradley "Brad" Pitt[1] (* 18 Desember 1963 in Shawnee,Oklahoma) is 'nAmerikaanse akteur en rolprentvervaardiger. Hy word as een van die wêreld se aantreklikste mans geag en sy nie-beroepslewe word wyd gepubliseer.[2][3] Pitt het twee Academy-benoemings ontvang en eenGolden Globe uit vier benoemings gewen.
Pitt het uitgegaan en was verloof aanGwyneth Paltrow tussen 1994 en 1997.[4]
Pitt hetFriends aktriseJennifer Aniston in 1998 ontmoet en is op 29 Julie 2000 met haar getroud in Malibu,Kalifornië.[5] In Januarie 2005 is Pitt en Aniston geskei.[6] Pitt en Aniston se skeisaak was finaal afgehandel 2 Oktober.[6]
Tydens Pitt se skeisaak het hy verlief geraak opMr. & Mrs. Smith medesterAngelina Jolie.[7] Op 11 Januarie 2006, kondig Jolie aan dat sy swanger is met Pitt se kind, daarmee kondig hulle hul verhouding vir die eerste keer in die openbaar aan. Pitt en Jolie kondig hulle verlowing op April 2012 aan, na sewe jaar saam.[8] Hulle is getroud op 23 Augustus 2014, inFrankryk.[9] Op 19 September 2016 het Jolie aansoek gedoen om te skei.[10]
Kinders
Maddox Chivan Jolie-Pitt: 5 Augustus 2001 (2001-08-05) (23 jaar oud); aangeneem 10 Maart 2002 deur Jolie
Pax Thien Jolie-Pitt: 29 November 2003 (2003-11-29) (21 jaar oud); aangeneem 15 Maart 2004 deur Jolie
Zahara Marley Jolie-Pitt: 8 Januarie 2005 (2005-01-08) (20 jaar oud); aangeneem 6 Julie 2005 deur Jolie
Shiloh Nouvel Jolie-Pitt: 27 Mei 2006 (2006-05-27) (18 jaar oud) inSwakopmund,Namibië
Knox Léon Jolie-Pitt en Vivienne Marcheline Jolie-Pitt (tweeling): 12 Julie 2008 (2008-07-12) (16 jaar oud)
Jolie het geboorte geskenk aan Shiloh Nouvel inSwakopmund,Namibië, op 27 Mei 2006. Pitt het bevestig dat hul pasgebore dogter kwalifiseer vir 'n Namibiese paspoort.[11]
↑Dinh, Mai; Murphy, Janet."Brad Pitt Biography".People-tydskrif (in Engels). p. 2. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 24 April 2016. Besoek op16 Mei 2008.