Hierdie artikel is 'nweesbladsy. Dit is niegeskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks tesoek en 'n skakel hierheen te plaas.
'n Botox-inspuiting word toegedien.
Botox is ’n produk (handelsmerk) wat diespiere laat verslap. Dit kan byvoorbeeld in dievel rondom iemand seoë ingespuit word sodat fyn plooitjies verdwyn en die vel jonger lyk.[1]
Botox word van botulinumtoksien (Clostridium botulinum-toxine ofBTX) gemaak. Dit is 'n neurotoksiese gif wat deur die bakterieClostridium botulinum geproduseer word. Ander bakterieë wat botulinumtoksien kan produseer isC.butyricum,C.baratii enC.argentinense. Dit is 'n proteïen wat op senuweeselle inwerk. Voedsel wat met hierdie bakterieë besmet is kan, deur die teenwoordigheid van botulinumtoksien, botulisme veroorsaak.
Botulinumtoksien is die mees dodelike akute gifstof bekend. 'n Dosis van slegs 0,2 ng/kg binneaars of binnespiers en 10-13 ng/kg wanneer ingeasem is dodelik vir mense. Dit word egter in verdunde vorm vir mediese en kosmetiese gebruike aangewend.