Bosveld | ||||
Ekostreek | ||||
![]() | ||||
WWF-kode | AT0717 | |||
Bioom | Tropiese of subtropiese grasveld, savanne en struikveld | |||
Ekosone | Afrotropiese gebied | |||
Floraryk | Paleotropis | |||
Oppervlakte | 223 000 km² | |||
Beskerm | % | |||
![]() | ||||
Bosveldtoneel | ||||
|
DieBosveld is 'nsubtropiese bos- en struikveldekostreek vanSuider-Afrika. Dit sluit die meeste van dieLimpopoprovinsie en 'n klein deel van dieNoordwesprovinsie vanSuid-Afrika in, asook die Sentraal- en Noord-Oostelike distrikte vanBotswana, Matabeleland-Suid en 'n deel van die Matabeleland-Noord provinsies vanZimbabwe.[1]
Die hoogte van hierdie streek wissel van 750 tot 1 400 m en die jaarlikse reënval van 350 mm in die weste tot 600 mm in die noordooste. Daar is drie belangrike bergreekse in die streek: dieDrakensberg-platorand wat deel van die oostelike grens van die Bosveld uitmaak en loop vanTzaneen in die noorde tot byBelfast in die suide; dieWaterbergreeks wat strek vanafMokopane in die ooste tot byThabazimbi in die weste; en dieSoutpansberg net noord vanLouis Trichardt. Laasgenoemde is die mees noordelike bergreeks in Suid-Afrika.
Soos afgelei kan word uit die streek se naam, bestaan die Bosveld uit grasryke vlaktes besaai met digte trosse van bome en hoë struike. Die grasse wat hier voorkom, groei oor die algemeen hoog en welig, en verkleur vaal of bruin in die winter, wat die droë seisoen in die meeste van Suid-Afrika is. Die onverstoorde gedeeltes van hierdie habitat, soos baie van die Waterbergbiosfeer, bied skuilplek aan grootsoogdierspesies sooswitrenosters,swartrenosters,kameelperde,blouwildebeeste,koedoes,rooibokke en 'n verskeidenheid van ander wildspesies.
Die mopaniebosveld is amperrypvry omdat dit laer lê as diehoëveld wat aan die suidekant daarvan geleë is. Die dominante boomspesie is diemopanie. In die noorde rondomBulawayo gaan dit oor in 'n boomsavanne met grasse soosHyparrhenia filipendula enH. dissoluta en bome soosTerminalia sericea enBurkea africana. In die suidweste, dieSpringbokvlakte, tref mens die doringbosveld aan met talleAcacia-spesies soosAcacia tortilis,A. nilotica,S. nigrescens,A. gerrardii enV. karroo en polgrasse soosIschaemum afrum enSehima galpinii. Die Waterberggebied word deurFaurea saligna,Acacia caffra, enPeltophorum africanum gekenmerk.[2]
Die Bosveld is een van die meesmineraal-ryk streke van die wêreld. Dit is te danke aan dieBosveldstollingskompleks, 'n baie ryk pieringvormige geologiese formasie wat oor meer as 50 000vierkante kilometer strek. Hierdie kompleks bevat die meeste van die wêreld se reserwes van minerale soos andalusiet,chroom,vloeispaat,platinum envanadium. Die kompleks sluit ook dieMerenskyrif in, wat die wêreld se grootste bron vanplatinum sowel as platinum-groep metale is.
Meeste dele van die streek is geneig om baie droog te wees. Dus is die Bosveld grootliksbees- enwildplaas-wêreld, waar slegs 'n paar droogtebestande gewasse soossorghum en gars geproduseer word, gewoonlik onderbesproeiing.
|
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dieEngelse Wikipedia vertaal. |