Verspreiding vanBosniake en Bosnies in die destydse Sosialistiese Republiek vanJoego-Slawië in 1991
Dietaal word vernaamlik deurBosniake in Bosnië en Herzegowina gebruik. Dit is gebaseer op die westerse variant van die tokavski-dialek en gebruik oorwegend dieLatynse alfabet, terwyl dieCyrilliese alfabet net selde gebruik word.
Die naam "Bosnies" is nogal omstrede, aangesien dieKroate enSerwiërs in Bosnië en Herzegowina hulle taal Kroaties en Serwies noem. Die grondwet van die Republika Srpska en die regering van ServiÎ, waar dit 'n amptelike taal is, verwys na Bosnies as: "taal gepraat deur die Bosniake" (Jezik kojim govore Bošnjaci).