Borr ofBor ("produseerder", "voortbringer")[1] is in dieNoorse mitologie die seun vanBuri, die voorvader van die gode bekend as dieAse. Borr was die man vanBestla en die vader vanOdin, Vili en Vé.[2]
Borr word genoem in diePoëtiese Edda, wat in die 13de eeu saamgestel is uit vroeëre tradisies, en dieProsaïese Edda, wat in die 13de eeu geskryf is. Min is egter oor sy lewe en sy rol in die mitologie bekend. In gedigte word soms na Odin verwys as "Borr se seun".
- ↑Lindow, John (2001).Handbook of Norse Mythology. Santa Barbara: ABC-CLIO.
- ↑Brodeur, Arthur Gilchrist (vert.) (1916).The Prose Edda by Snorri Sturluson. New York: The American-Scandinavian Foundation.