Die wêreld se derde grootste eiland en Asië se grootste eiland
Borneo (Indonesies:Kalimantan;Maleis:Pulau Borneo), die wêreld se derde grootsteeiland, náGroenland enNieu-Guinee, beslaan 'n oppervlakte van 743 330 km² en word begrens deur dieSuid-Chinese See in die noordweste, dieSoeloesee in die noordooste, dieCelebessee in die ooste en dieJavasee in die suide. Borneo is die grootste en mees noordelike van die vierGroot Soenda-eilande asook die grootste eiland vanAsië. Dit is in die noorde vanJava, in die noordooste vanSoematra, in die ooste van dieMaleise Skiereiland, in die suidweste van dieFilippyne en in die noordweste vanSoelawesi langs dieewenaar geleë. In die suidweste verbind die Karimatastraat die Javasee met die Suid-Chinese See en in die suidooste verbind die Makassarstraat die Celebessee met die Javasee.
Die grootste deel van Borneo se kus langs die Suid-Chinese See vorm die oostelike deel vanMaleisië met die kleineksklaweBroenei tussenin, terwyl die oorblywende deel van dié eiland aan dieeilandnasieIndonesië behoort. Dié eiland is op die aardbol net teenoor dieAmasonerivier sereënwoud geleë en vorm dus die antipode. Borneo is veral bekend vir een van die wêreld se oudstereënwoude wat die enigstehabitat van dieOrangoetang vorm. As gevolg van sterkontbossing is hierdiegroot ape ernstig bedreig. Die eiland se langsterivier is dieKapuas wat in Sentraal-Borneo net suid van die grens tot Maleisië in die provinsie Wes-Kalimantan ontspring, in 'n suidwestelike rigting vloei en byPontianak in die Karimatastraat uitmond.
Borneo se naam is dalk afgelei van die plaaslike naam vir diekokosneut, "Buah Nyiur". Broenei se naam is moontlik afgelei van dieSanskrit-woordváruṇa (वरुण) vir "water", of Varuna, dieHindoegod vanreën. Inheemse Indonesiërs noem die eilandKalimantan, wat afgelei is van die Sanskrit-woordKalamanthana, wat "brandende weer-eiland" beteken en na die eiland se warm en vogtige tropiese weer verwys.[1]
In Augustus 2019 het die Indonesiese president Joko Widodo aangekondig om die hoofstad van die "sinkende"Djakarta na 'n nuwe stad in die provinsie Oos-Kalimantan op Borneo te verskuif.[2]