Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Boris Becker

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Boris Becker
Boris Becker in 2007
Volle naamBoris Franz Becker
BynaamBoom Boom
Die Leeu van Leimen
LandVlag van Wes-Duitsland Wes-Duitsland (1984–1990)
Vlag van Duitsland Duitsland (sedert 1990)
WoonplekSchwyz,Switserland
Geboortedatum22 November 1967 (1967-11-22) (57 jaar oud)[1]
GeboorteplekLeimen,Wes-Duitsland[1]
Lengte1,91 m[1]
Gewig85 kg[1]
AfrigterGünther Bosch (1976–87)
Ion Țiriac (1984–93)
Bob Brett (1987–91)
Tomáš Šmíd (1991–92)
Eric Jelen (1992, 1993)
Günter Bresnik (1992–93)
Nick Bollettieri (1993–95)
Mike De Palmer (1995–99)[1]
Begin professioneel1984[1]
Afgetree25 Junie 1999[1]
SpelstylRegshandig (eenhandige handrughou)[1]
Loopbaan-wengeld$25 080 956(soos op 18 Julie 2023)[1](16de van alle tye)[2]
Int. Tennisheldesaal2003(ledeblad)
Amptelike webbladwww.borisbecker.com
Enkelspel
Loopbaanrekord713–214 (76,91%)[1]
Loopbaantitels49[1]
Hoogste rangNo.1 (28 Januarie 1991)[1]
Grand Slam-uitslae
Australiese OpeW (1991, 1996)
Franse OpeHE 1987, 1989, 1991)
WimbledonW (1985, 1986, 1989)
VSA-OpeW (1989)
Groot toernooie
ToereindrondeW (1988, 1992, 1995)
Olimpiese Spele3R (1992)
Dubbelspel
Loopbaan-rekord254–135 (65,3%)[1]
Loopbaantitels15[1]
Hoogste rangNo. 6 (22 September 1986)[1]
Australiese OpeKE (1985)
Groot dubbelspeltoernooie
Olimpiese SpeleGoue Medalje (1992)

Boris Franz Becker (Duits: [ˈbɔʁɪs ˈbɛkɐ]; gebore op22 November1967 inLeimen,Wes-Duitsland) is 'n voormaligeDuitsetennisspeler. Op 17-jarige ouderdom het hy geskiedenis gemaak as die jongste persoon wat nogWimbledon se enkelspelkampioenskap kon wen.[3] Hy was ses keer 'nGrand Slam-enkelspelkampioen en ook 'nOlimpiese gouemedaljewenner.

Ná Becker se eerste oorwinning as ongekeurde speler in 1985 het hy in 1986 weer die Wimbledon-titel gewen. Hy het Wes-Duitsland ook gehelp om hulle eerste Davisbeker in 1988 in te palm. In 1989 het hy Wimbledon, dieAmerikaanse Ope en 'n tweede Davisbeker gewen.

In 1991 het Becker dieAustraliese Ope gewen en so die nommer een posisie op die wêreldranglys gehaal. In 1992 het hyJim Courier in skoon stelle verslaan om die ATP-wêreldtitel. Sy finale Grand Slam-titel was in 1996, toe hyMichael Chang in vier stelle tydens die Australiese Ope geklop het.

In sy loopbaan het Becker 49 enkelspel- en 15 dubbelspeltitels gewen. Hy word onder andere onthou vir sy wedywering met spelers soosIvan Lendl,Stefan Edberg enMichael Stich.

Vandat hy as professionele tennisspeler uitgetree het, het sy mediawerk en persoonlike lewe hom in die kollig gehou. Hy was tussen 2013 en 2016 dieSerwiese tennisspelerNovak Djokovic se afrigter.[4]

Bankrotskap

[wysig |wysig bron]

In Junie 2017 het 'n hof in Londen Boris Beckerbankrot verklaar. In April 2022 is Becker tot twee en 'n half jaartronkstraf gevonnis omdat hy 2,5 miljoeneuro van sykurator teruggehou het ná sy bankrotskap in 2017.[5][6][7][8][9][10]

Grand Slam-rekord

[wysig |wysig bron]
Boris Becker speel in Ohio (1994)

Die tabel toon Becker se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkels waaraan hy deelgeneem het:

JaarAustraliese OpeFranse OpeWimbledonVSA-Ope
1984KwarteindstrydNie deelgeneem nieRonde 3Nie deelgeneem nie
1985Ronde 2Ronde 2WennerRonde 4
1986Nie deelgeneem nieKwarteindstrydWennerHalfeindstryd
1987Ronde 4HalfeindstrydRonde 2Ronde 4
1988Nie deelgeneem nieRonde 4EindstrydRonde 2
1989Ronde 4HalfeindstrydWennerWenner
1990KwarteindstrydRonde 1EindstrydHalfeindstryd
1991WennerHalfeindstrydEindstrydRonde 3
1992Ronde 3Nie deelgeneem nieKwarteindstrydRonde 4
1993Ronde 1Ronde 2HalfeindstrydRonde 4
1994Nie deelgeneem nieNie deelgeneem nieHalfeindstrydRonde 1
1995Ronde 1Ronde 3EindstrydHalfeindstryd
1996WennerNie deelgeneem nieRonde 3Nie deelgeneem nie
1997Ronde 1Nie deelgeneem nieKwarteindstrydNie deelgeneem nie
1998Nie deelgeneem nieNie deelgeneem nieNie deelgeneem nieNie deelgeneem nie
1999Nie deelgeneem nieNie deelgeneem nieRonde 4Nie deelgeneem nie

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,001,011,021,031,041,051,061,071,081,091,101,111,121,131,14(en)"Player profile – Boris Becker". ATP World Tour. Besoek op18 Julie 2023.
  2. (en)"Career Prize Money"(PDF). Pro Tennis Live. 17 Julie 2023. Besoek op18 Julie 2023.
  3. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,ISBN 978-1-77578-243-8
  4. (en)Novakdjokovic.com (6 Desember 2016)."Novak and coach Boris Becker end cooperation".Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op7 Desember 2016.
  5. (en)Sawer, Patrick (21 Junie 2017)."Tennis champion Boris Becker declared bankrupt".The Daily Telegraph.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Januarie 2022.
  6. (en)"Boris Becker declared bankrupt by British court".CNBC. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 21 Junie 2017. Besoek op21 Junie 2017.
  7. (en)Yorke, Harry (6 Oktober 2017)."Boris Becker 'borrowed £2 million from British Phones 4U billionaire and may sell Wimbledon trophies'".The Daily Telegraph.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Januarie 2022.
  8. (en)"Wimbledon champion Boris Becker declared bankrupt".BBC. Besoek op21 Junie 2017.
  9. (en)"Boris Becker listed in the public Individual Insolvency Register". Insolvency Service. 21 Junie 2017.
  10. (en)Huggler, Justin (5 November 2017)."'It's crazy to think I'm broke': Boris Becker speaks out after bankruptcy".The Daily Telegraph.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Januarie 2022.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Boris_Becker&oldid=2618303"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp