Bonnie Tyler |
---|
 Bonnie Tyler tydens 'n repetisie vir die Eurovision-sangfees in Malmö, Swede, op 15 Mei 2013 |
Agtergrondinligting |
---|
Geboortenaam | Gaynor Hopkins |
---|
Gebore | 8 Junie 1951 (1951-06-08) (73 jaar oud) Skewen, Neath,Wallis,Verenigde Koninkryk |
---|
Genres | Rock, country |
---|
Beroep(e) | Sangeres |
---|
Instrumente | Stem |
---|
Jare aktief | 1975–hede |
---|
Etikette | RCA, Columbia, Hansa, EastWest, CMC, Sony, Stick Music, Celtic Swan Recordings |
---|
Webwerf | bonnietyler.com |
---|
Bonnie Tyler (geboreGaynor Hopkins,8 Junie1951) is 'nWalliesesangeres, bekend vir haar kenmerkende heesstem. Tyler is bekend vir haar 1977-albumThe World Starts Tonight en die enkelsnitteLost in France enMore Than a Lover. Haar enkelsnit van 1978It's a Heartache bereik nommer vier op die Britse Singles Chart en nommer drie op die Amerikaanse Billboard Hot 100.
In die 1983 skryf die Amerikaanse liedjieskrywer, Jim Steinman, Tyler se treffer,Total Eclipse of the Heart. Dié liedjie het in sy eerste week op die Britse treffersparade onmiddellik die nommer een posisie behaal en Tyler was die eerste vroulike sanger met 'n liedjie in die nommer een posisie binne sy eerste week op die treffersparade.[1] Tydens 'n onderhoud metPeople Magazine in 1983 sê Steinman dat hy nie verwag het datTotal Eclipse of the Heart die potensiaal vir 'n enkelsnittreffer gehad het nie. Hy sê:"Dit was 'n aria vir my, 'n Wagner-agtige aanslag van klank en emosie. Ek het dit geskryf om 'n vertoning vir haar stem te wees".[2] Steinman skryf ook een van haar ander groot treffers,Holding Out for a Hero, wat in 1984 vir die klankbaan van die filmFootloose opgeneem is.