Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Bolzano

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

BozenBolzano
Balsan / Bulsan

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Italië Italië
 Administratiewe gewesTrentino-Suid-Tirol
 ProvinsieSuid-Tirol
 Koördinate46°30′N11°21′O /46.500°N 11.350°O /46.500; 11.350
 StigtingOmstreeks 500 v.C.
 Oppervlakte: 
 - Totaal52,3vk km
 Hoogte bo seevlak262 m
 Bevolking: 
 - Totaal (31 Desember 2018)107 739
 - Bevolkingsdigtheid2060/vk km
 TydsoneUTC +1 (MET)
 SomertydUTC +2 (MEST)
 BurgemeesterRenzo Caramaschi
 Amptelike Webwerfgemeinde.bozen.it

Bozen ofBolzano (Italiaans:Bolzano;Duits:Bozen;Ladinies:Balsan/Bulsan) is die hoofstad en grootste stad van die outonome provinsieSuid-Tirol in die outonome gewesTrentino-Suid-Tirol (Italië) met 'n bevolking van 107 739 (soos op 31 Desember 2018) en 'n oppervlakte van 52,3 km². Bozen is geleë langs die Brennerroete, watNoord- enSuid-Europa met mekaar verbind, en by die samevloeiing van dieEtsch- en Eisackriviere. Die belangrikste huistale is Italiaans (73%), Duits (26,29%) en Ladinies (0,71%). As bikulturele stad met Noord-Europese en Mediterreense invloede vervul Bozen al eeue lank 'n belangrike funksie as 'n ontmoetplek vir die Duits- en Italiaanssprekende kultuur- en sakewêreld.

Bozen/Bolzano, soos gesien vanuit die weste
Nou straatjies in die historiese middestad met booggange, in DuitsLauben genoem - 'n argitektoniese element wat beskerming teen son en reën bied en wat die Duitssprekende gebiede van Suid-Tirol met Noord-Italiaanse nedersettings deel
Die voorstad Gries
Duits, Italiaans, Engels en Ladinies is die Vrye Universiteit Bolzano/Bozen se amptelike tale vir onderwys en kommunikasie

Bozen is een van die grootste stedelike nedersettings in dieAlpegebied, setel van die Suid-Tiroolse regering en parlement, sedert 1964biskopsetel van die nuutgestigteRooms-Katolieke diosese Bozen-Brixen en sedert 1997 ook setel van 'n universiteit – dieFreie Universität Bozen (met Duits, Italiaans, Engels en Ladinies as onderrigmedia[1]). Die navorsingsaktiwiteite van die universiteit se Ladiniese afdeling fokus op Ladiniese Taalkunde (veral Ladiniese Filologie) en Meertalige Opvoedkunde.[2]


Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. www.unibz.it: University Profile. Besoek op 17 Mei 2020
  2. Paul Videsott:10 agn de Repartiziun ladina: Ativité scientifica y didatica, inrescides, impat sön le teritore • 10 Jahre Ladinische Abteilung: Wissenschaftliche und didaktische Aktivitäten, Forschung, Auswirkungen • 10 anni della Sezione ladina: Attività scientifica e didattica, ricerca, impatto sul territorio. In: Theodor Rifesser, Paul Videsott (reds.):L Ladin tl sistem formatif • Das Ladinische im Bildungssystem • Il ladino nel sistema formativo. Bozen | Bolzano: Bozen-Bolzano University Press 2011, bl. 40

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Bolzano&oldid=2554698"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp