|
| Algemeen |
|---|
| Naam,simbool,getal | bohrium, Bh, 107 |
| Chemiese reeks | oorgangsmetaal |
| Groep,periode,blok | 7,7,d |
| Atoommassa | (270) g/mol |
| Elektronkonfigurasie | voorspel;[1][Rn] 5f14 6d5 7s2 |
| Elektrone perskil | voorspel; 2, 8, 18, 32, 32, 13, 2 |
| CAS-registernommer | 54037-14-8 |
| Fisiese eienskappe |
|---|
| Toestand | voorspel;[2]vastestof |
| Digtheid (nabyk.t.) | voorspel; 37,1 g/cm³ |
| Atoomeienskappe |
|---|
| Oksidasietoestande | 7, (5), (4), (3)[3][4] |
| Ionisasie-energieë | 1ste: 742,9kJ/mol |
| 2de: 1 688,5 kJ/mol |
| 3de: 2 566,5 kJ/mol |
| Geskiedenis |
|---|
| Ontdek | 1981 |
| Ontdek deur | Sentrum vir Swaarioonnavorsing, Darmstadt,Duitsland |
| Genoem na | Niels Bohr |
| Datum van naam | 1997 |
| Vorige naam | unnilseptium (Uns) |
| Vernaamste isotope |
|---|
|
Portaal Chemie |
|---|
Bohrium is ’nsuperswaar, kunsmatigeelement met dieatoomgetal 107 ensimboolBh. Dit kom nie in die natuur voor nie, kan net in ’n laboratorium vervaardig word en isradioaktief. Die stabielste bekendeisotoop, bohrium-270, het ’nhalfleeftyd van ongeveer 61 sekondes.
Die element is genoem na dieDeense fisikusNiels Bohr.
Op dieperiodieke tabel lê dit in died-blok, ingroep 7 enperiode 7. Dit is dus die vyfde lid van die 6d-reeksoorgangsmetale. Chemiese eksperimente het bevestig dit tree op soos die swaarderhomoloog vanrenium net bo dit. Sy eienskappe is net gedeeltelik vasgestel, maar dit stem baie ooreen met dié van ander elemente in groep 7.