Bohrium is ’nsuperswaar, kunsmatigeelement met dieatoomgetal 107 ensimboolBh. Dit kom nie in die natuur voor nie, kan net in ’n laboratorium vervaardig word en isradioaktief. Die stabielste bekendeisotoop, bohrium-270, het ’nhalfleeftyd van ongeveer 61 sekondes.
Op dieperiodieke tabel lê dit in died-blok, ingroep 7 enperiode 7. Dit is dus die vyfde lid van die 6d-reeksoorgangsmetale. Chemiese eksperimente het bevestig dit tree op soos die swaarderhomoloog vanrenium net bo dit. Sy eienskappe is net gedeeltelik vasgestel, maar dit stem baie ooreen met dié van ander elemente in groep 7.
↑Johnson, E.; Fricke, B.; Jacob, T.; Dong, C. Z.; Fritzsche, S.; Pershina, V. (2002). "Ionization potentials and radii of neutral and ionized species of elements 107 (bohrium) and 108 (hassium) from extended multiconfiguration Dirac–Fock calculations".The Journal of Chemical Physics.116: 1862.Bibcode:2002JChPh.116.1862J.doi:10.1063/1.1430256.
↑Hoffman, Darleane C.; Lee, Diana M.; Pershina, Valeria (2006). "Transactinides and the future elements". In Morss; Edelstein, Norman M.; Fuger, Jean (reds.).The Chemistry of the Actinide and Transactinide Elements (3de uitg.). Dordrecht, Nederland: Springer Science+Business Media.ISBN1-4020-3555-1.