DieBoere is 'n geskiedkundige term wat verwys na 'n etniese en kulturele groep wat bestaan het uit die afstammelinge van die hoofsaaklikNederlandssprekende boere en hulle families wat hulle in die1800's in dieOranje-Vrystaat,Transvaal en, tot 'n mindere mate,Natal gevestig het en daar 'n aantalBoererepublieke gestig het. Die groep sluit in die nakomelinge van dieVoortrekkers wat dieKaapkolonie in die begin van die 19de eeu tydens dieGroot Trek verlaat het, Kaapse burgers wat later na die Transvaal of Vrystaat geïmmigreer het en geassimileerde immigrante uitEuropa. Verskeie redes word aangegee vir die verlaat van die Kaapkolonie waaronder ontevredenheid met dieBritse koloniale regering, voortdurendegrensoorloë tussen dieXhosas en die inwoners van die Kaapkolonie met gepaardgaande gebrek aan sekuriteit, gebrek aan grond, dieafskaffing vanslawerny in die Kaap, arbeidsprobleme en politiese marginalisering.[2]
Die termBoere het aanleiding gegee tot 'n aantal woordsamestellings wat verband hou met die kultuur en gebruike van die Boere insluitend:boeresport,boeretroos, boerekos,boerehaat,Boerejood, boereperd ofboerperd, ens. Dieoorloë tussen dieBoererepublieke, dieOranje-Vrystaat en dieZuid-Afrikaansche Republiek word soms dieEerste- enTweede Boereoorloë genoem. Die term Boerevolk is ook histories gebruik as 'n alternatiewe benaming van dieAfrikaners of 'n gedeelte daarvan.[3] Die term is ook in baie ander tale oorgeneem soosEngels:Boers,Frans:Les Boers,PortugeesOs bóeres enDuits:Die Buren. Die term is later met beide positiewe (prysende) en negatiewe (beledigende) konnotasie in die letterkunde en alledaagse lewe gebruik om naAfrikaners te verwys.[4][5]
Die Boere was afstammelinge van setlaars wat hulle sedert die 1650's tot die 1800's inSuid-Afrika gevestig het. Hulle is merendeels die nasate vanNederlanders,Vlaminge, FranseHugenote enDuitsers. In kleiner getalle vorm ookSkandinawiërs,Portugese,Italianers,Pole,Skotte,Engelse,Iere enWalliesers deel van die Boerevolk se voorouers. Verder het ondertrouery met inheemseKhoi en ingevoerde slawe uit ander dele vanAfrika,Maleisië enIndië ook bygedra tot die Boere-genepoel. Sulke gemengde afstammelinge is later asKleurlinge gekwalifiseer onderApartheidwetgewing, en daarna as Afrikaanses of Bruinmense in die post-Apartheid era. Die Boere was oorwegend Christene en strengCalvinisties. 'n Minderheid maar nogtans 'n noemenswaardige getal behoort aan Pinkster groeperings.
Twee groepe emigrante het dieKaapkolonie in die tweede kwart van die 19de eeu verlaat. Die eerste hiervan was dieTrekboere wat opsoek na beter weivelde oor die grense van die kolonie getrek het. Die tweede groep was die Grensboere in dieOos-Kaap, wat 'n sterker politieke dryf gehad het om die kolonie te verlaat, wat dieGroot Trek onderneem het en wat later as dieVoortrekkers sou bekend staan. Die Voortrekkers se migrasie het in 1835 begin as gevolg van ontevredenheid met die Britse koloniale owerheid, aanhoudende grensoorloë, gebrek aan grond, arbeidsprobleme en 'n gevoel dat hulle polities gemarginaliseer is.[2]
In 'n geskiedkundige konteks kan die term "Boer" verwys na 'n inwoner van een van die Boererepublieke of na diegene wat kulturele Boere was.
Die Boere het twee oorloë aan die einde van die 19de eeu geveg om hulle internasionaal-erkende lande, dieZuid-Afrikaansche Republiek en die Oranje Vrystaat teen dreigende anneksasie deur Brittanje te verdedig. Die oorloë staan amptelik bekend as dieEerste Vryheidsoorlog en dieTweede Vryheidsoorlog.
Veral die tweede Anglo-Boereoorlog het tot mitologisering van die term Boer, in Suid-Afrika en in Europa, as etnoniem gelei.[4] Die Britse skrywerSir Arthur Conan Doyle skryf byvoorbeeld in 1902:
"Neem 'n Nederlandse gemeenskap van die soort wat hulself vir vyftig jaar verweer het teen al die mag van Spanje, op 'n tyd toe Spanje die voorste wêreldmag was. Vermeng hulle met 'n telg van daardie onvermurfbareFranse Hugenote wat hul tuiste en besit prysgegee het, en hul land vir altyd agtergelaat het ten tyde van dieEdik van Nantes se herroeping. Die produk moet uiteraard een van die mees geharde, lewenskragtige, onoorwinlike rasse wees om ooit op die aarde gesien te word. Neem hierdie gedugte mense en oefen hulle sewe geslagte lank in volgehoue oorlogvoering teen woesteling manne en wilde dierasies, onder omstandighede waarin geen swakkeling sou oorleef nie, plaas hulle sodat hulle uitnemende aanleg opdoen met wapens en ruiterskap, gee aan hulle 'n land wat uitnemend gepas is vir die taktieke van die jagter, die skerpskutter, en die ruiter. Voeg dan, eindelaas, 'n fyner temperament by hul militêre eienskappe deur 'n onverbiddelike lotvallige Ou Testamentiese geloof en 'n vurige en verterendepatriotisme. Kombineer al hierdie kwaliteite en al hierdie dryfvere in een indiwidu, en jy het die moderne Boer – die mees gedugte teëparty om ooit paaie te kruis met die Britse Ryk. Ons militêre geskiedenis is grootliks opgemaak deur ons konflikte met Frankryk, maarNapoleon en al sy veterane het ons nooit so ru behandel as hierdie vasberade plaasboere met hul antieke godsdiens en hul sorgbarend moderne gewere nie.
Kyk na die kaart van Suid-Afrika, en daar, heel in die middel van die Britse besittings, soos die pit binne 'n perske, lê die uitgestrektetwee republieke, 'n magtige domein vir so geringe nasie. Hoe het hulle daar gekom? Wie is hierdieTeutoonse volk wat hulself so diep in Afrika ingegrawe het? Dit is 'n meermaal-vertelde verhaal, en tog moet dit weer vertel word om hierdie storie van selfs die mees kunsmatige inleiding te voorsien. Niemand kan die Boer ken of waardeer wat nie die Boer se verlede ken nie, want hy ís wat die verlede hom gemaak het."[6]
Die jongWinston Churchill, wat die tweede oorlog as verslaggewer van dieLondense "Morning Post" megemaak het, het die vyand vir sy koerant soos volg geskets: "Teen vroegoggend, rydend deur die reën... elkeen van hulle 'n skerpskutter, elkeen gewoond daaraan om sy eie besluite te neem... hulle verlaat hulself op twee dinge: op hulle ysterharde kondisie en daaropvolgens, dat hul God van die ou testament die Amalekiete sal slag en in alle winde sal verstrooi."[7]
Na dieTweede Vryheidsoorlog het 'n klein gedeelte van die Boere Suid-Afrika verlaat. Vanaf 1903 het die grootste groep na diePatagonië-streek vanArgentinië geëmigreer. Daar is vandag steeds 'n aantalAfrikaners in Argentinië.[8] 'n Tweede groep het naKenia geëmigreer (toe onder Britse regering), waarvan die meeste in die 1930's na Suid-Afrika teruggekeer het. 'n Derde groep het, onder die leiding van Generaal Ben Viljoen, naMeksiko,Nieu-Meksiko enTexas geëmigreer in die suidweste van dieVerenigde State van Amerika.
In moderne tye, veral tydens die hervorming van apartheid en die era na 1994, het sommige Afrikaanssprekendes, hoofsaaklik dié met regse konserwatiewe politiese perspektiewe, hul voorkeur vir die identiteit "Boere", in plaas van "Afrikaners" te kenne gegee. Die groepe beweer dat daar baie nasate van dieVoortrekkers was wat nie deel gevorm het van die (soos hulle dit sien) Kaap-gebaseerde Afrikaner-identiteit wat na die Tweede Vryheidsoorlog en die daaropvolgende Uniewording in 1910 te voorskyn gekom het nie. Sommige van die groepe dring daarop aan dat hulle hulleself nie as 'n verregse element van 'n politiese spektrum sien nie.[9] Die groepe beskou die Boere as 'n volk wat sowel in Suid-Afrika woon as indiaspora.
In Desember 2006 is daar 'n Boerevolk Verteenwoordigende Raad (BVR) verkies wat as die Boerevolk se spreekbuis moet dien en sekere take soos aan hom opgedra, moet uitvoer. Die "Volk" word op Bybels-voorgeskrewe wyse ingedeel in wa-laers wat hulle eie leiers demokraties verkies. Al daardie leiers kies dan weer hulle eie leiers, en so word persone van grondvlak af "opgestoot" om uiteindelik as volksverteenwoordiger te kan dien op die BVR. Die BVR beywer hom vir volledige volks- en staatkundige vryheid vir die Boerevolk, en bestaan derhalwe uit verskillende komitees wat die take van 'n staatsdiens-in-wording uitvoer soos nodig.
In 2007 het 'nVolksraad Verkiesing Kommissie tot stand gekom wat uiteindelik 'n verkiesing op 23 September en 24 September 2011 georganiseer het. Die verkose lede staan as dieBoere-Afrikanervolksraad bekend. Hulle beywer hulself om hulle mandaat vir selfbeskikking tot uitvoering te bring.