'nBoek is 'n algemene voorwerp wat 'n klomp gebundelde bladsye het waarop daar in ink, of soms ander stowwe, inligting geskrywe staan. Boeke kan oor een onderwerp handel (soos storieboeke en veldspesifieke boeke) of oor 'n hele aantal (soos ensiklopedieë). Boeke beskik oor die volgende kenmerke:
Dit het 'n titelblad, gewoonlik waarop die naam van die skrywer en uitgewer, sowel as die publikasiedatum verskyn
Sommige boeke het 'n voorwoord en/of inleiding
Daar is in sekere boeke, soos naslaanwerke, 'n inhoudsopgawe vóór in die boek
Daar is normaalweg 'n indeks ('n alfabetiese lys van die onderwerpe wat in die boek verskyn) agterin naslaanwerke
Sommige boeke het ook 'n glossarium agter in die boek, waar woorde en terme verduidelik word
VolgensUnesco se definisie word enige gedrukte publikasie wat nie gereeld verskyn nie, aan die publiek beskikbaar gestel word en met uitsondering van die titelblad en omslag 'n minimum van 49 bladsye het as boek beskou.[1] Tans word daar jaarliks sowat 1,2 miljoen boeke gepubliseer (waarvan 375 000 inEngels en 80 000 inDuits verskyn). Die wêreldwye omset beloop meer as 600 miljard ZAR.[2]
Moderne variante van boeke sluit e-Boeke met digitaalgestoorde boektekste en oudioboeke in.
Ensiklopedieë,handleidings,jaarboeke en ander naslaanwerke bevat feitelikeinligting, maar hierdie naslaanwerke verwys ook na ander bronne waar meer inligting verkry kan word. Dit word in 'n bibliografie gelys. Sulke boeke help gewoonlik metnavorsing.