DieBoötes I-dwergsterrestelsel ofBoo I dSph is ’n dowwesterrestelsel met ’n ligsterkte 100 000 keer dié van dieSon en ’n absolutemagnitude van –5,8. Dit is sowat 197 000ligjare van dieAarde af in diesterrebeeldVeewagter. Dit lyk of die stelsel beïnvloed word deur ’n getykrag[1] van dieMelkweg, waarom dit wentel, en twee sterte van sterre het wat ’n kruis vorm. Sterrestelsels wat deur ’n getykrag beïnvloed word, het gewoonlik net een stert.