Bluetooth is 'nprotokol vir koordlosekommunikasie oor kort afstande. Dit is in die 1990's ontwikkel om die hoeveelheid elektroniese kabels wat omrekenaars gebruik word te verminder. Toestelle soosselfone,skootrekenaars, persoonlike rekenaars, rekenaardrukkers,digitale kameras en videospeletjies se konsole kan deur bluetooth met mekaar verbind en inligting uitruil. Dit word gedoen deur van radiogolwe gebruik te maak. Bluetooth is veilig om te gebruik. Dit word gewoonlik net oor relatiewe kort afstande, soos 'n paar meter, gebruik.[1] Ander seine hiervan kan tot 100 meter ver strek.[1]
Die naam “Bluetooth” is1997 deur Jim Kardach vanIntel voorgestel. Hy het 'n stelsel ontwerp wat dit vir selfone moontlik maak om met rekenaars te kommunikeer. Kardach was ten tyde van hierdie voorstel besig om Frans G. Bengtsson se historiese romanThe Long Ships te lees. Die boek handel oor dieWikings en die 10de-eeuseDeense koningHarald Bloutand.[2][3]
Toestelle moet gepaar wees om data uit te ruil. Koppeling word gedoen deur 'n elektroniese soektog vanaf 'n toestel te begin en 'n kode uit te ruil. In sommige gevalle is die kode gratis en beide toestelle hoef slegs dieselfde kode in te sleutel. In ander gevalle word die kode deur een van die toestelle, byvoorbeeld 'n toestel sonder 'n sleutelbord, vasgestel. Die een toestel moet die ander een kan herken om daarmee te koppel. Gevolglik word die kodes deur die toestelle gememoriseer en kom op om verbinding aan te vra en vir die ander toestel om paring te aanvaar sodat data uitgeruil kan word.
Om die risiko van indringing te verminder gebruik toestelle 'n vooraf geprogrammeerde kode wat per hand geaktiveer word en die koppeling behoort net vir 'n kort tydperk gedoen te word.