Blitz BASIC 'n programmeertaal gebaseer op die rekenaartaalBASIC. Dit was in ongeveer 1991 eers op die Commodore-Amiga beskikbaar. Tans is Blitz BASIC vir diverse ander bedryfstelsels beskikbaar, o.m. virLinux,Apple Mac en Windows. Blitz BASIC is hoofsaaklik geskik om spelletjies te ontwikkel. Die taal het veel ingeboude funksies om met geluid en beelde om te gaan.
Die eerste Blitz BASIC is inNieu-Seeland deurAcid Software vir dieAmiga ontwikkel. Alhoewel Blitz BASIC die algemeen bekende term is, is daar die afgelope paar jaar nuwe variasies van Blitz BASIC op die mark gekom:
Blitz Basic is in Oktober 2000 op Windows beskikbaar gestel. Toe Blitz BASIC met enkele uitgawes van Engelse rekenaartydskrifte versprei is, het dit heelwat nuwelinge gelok. Die oorspronklike Blitz BASIC word nie verder ontwikkel nie. Die advies is om die gratis verkrygbare BlitzMax te gebruik.
Dit is 'n versie van BlitzPlus met ekstra 3D-moontlikhede, en is 'n direkte mededinger vanDark Basic. Blitz3D gebruik nog steeds DirectX7 en daardeur kan Blitz3D spelletjies op ou rekenaars gespeel word.
BlitzMax is die moderne en mees onlangse OOP-weergawe (objek-georiënteerde programmering) van Blitz BASIC. BlitzMax- ("BMX") programme wat in Windows ontwikkel word, is geskik om in Linux gespeel te word. Die randvoorwaarde is dat die program eers op Linux oorgebou word. Dit behels bloot dat die kode in die IDE oopgemaak word, en dan in die Linux-weergawe van BlitzMax die "build"-knop te druk.
BMX is 'n modulêre taal. Mens kan self nuwe modules byprogrammeer om sodoende kodebiblioteke uit te bou, of biblioteke van eksterne mense in 'n program oorneem.
In Oktober 2007 het Blitz Research Ltd. 'n bygewerkte weergawe 1.26 beskikbaar gestel. Tewens kan mens 'n toetsweergawe van BlitzMax aflaai om self programmeervaardighede te toets.
Dit is die mees onlangse toevoeging waarmee Blitz3D vanuit die C#, C++-tale gebruik kan word. Op die oomblik is daar nog enkele tegniese probleme met die SDK. Verdere inligting is op die amptelike forum bekend (Blitz3D SDK Bug Reports).
So skryf jy Hallo Wêreld in BlitzMax op die skerm:
AppTitle$="Wikipedia voorbeeld"Graphics800,600,0While(NotKeyHit(Key_ESCAPE))Cls();DrawText("Hallo Suid-Afrika",5,20);Flip();Wend
En hier een OOP-voorbeeld van Hallo Wêreld in BlitzMax:
'//hierbeginjoukode.Kopieer-en-plaknadieBlitzMaxIDE.Globalhallo1:HalloWorldClass=NewHalloWorldClass;hallo1.Main();TypeHalloWorldClassMethodMain()AppTitle$="Wikipedia voorbeeld";Graphics(800,600,0);While(NotKeyHit(Key_ESCAPE))Cls();DrawText("Hallo Suid-Afrika",5,20);Flip();WendEndMethodEndType
Vervolgens 'n eenvoudige BlitzMax-voorbeeld waarmee die huidige tyd in binêre en desimale formaat vertoon word.
AppTitle$="Binary Clock"Graphics145,85,0secondtimer=CreateTimer(2)RepeatHour=Left(CurrentTime$(),2).ToInt()Minute=Mid(CurrentTime$(),4,2).ToInt()Second=Right(CurrentTime$(),2).ToInt()IfHour>=12ThenPM=1IfHour>12ThenHour=Hour-12IfHour=0ThenHour=12'shoulddothisotherwiseyourPMdotwouldbe'Leftuponcetheclockrolledpastmidnight!ClsSetColor(0,255,0)'makethetextgreenForthePMpartIfPM=1ThenDrawText"PM",5,5'setthetextcolourbackTowhiteFortherestSetColor(255,255,255)Forbit=0To5xpos=20*(6-bit)binaryMask=2^bit'dohoursIf(bit<4)If(hourAndbinaryMask)DrawText"1",xpos,5ElseDrawText"0",xpos,5EndIfEndIf'dotheminutesIf(minuteAndbinaryMask)DrawText"1",xpos,25ElseDrawText"0",xpos,25EndIf'dothesecondsIf(secondAndbinaryMask)DrawText"1",xpos,45ElseDrawText"0",xpos,45EndIfNext'makethetextredForthedecimaltimeSetColor(255,0,0)DrawText"Decimal: "+CurrentTime$(),5,65'setthetextbackTowhiteFortherestSetColor(255,255,255)Flip'willwaithalfasecondWaitTimer(secondTimer)IfKeyHit(KEY_ESCAPE)ExitForever