Blaarslaai (Lactuca sativa) is 'n eenjarigeplant in die asterfamilieAsteraceae. Dit word meestal as blaargroente gekweek, maar soms ook vir sy stam ensade. Blaarslaai is die eerste keer deur die antiekeEgiptenare gekweek uit wat blyk 'nonkruid was.[verwysing benodig] Aanvanklik is slegs sy sade gebruik om olie te produseer, maar dis later as 'n voedselplant verbou weens sy sappige blare, bykomend tot die olieryke sade.
Blaarslaai het na dieGrieke enRomeine versprei. Hulle het dit "Lactuca" gedoop, waarvan die Engelse woord "lettuce" later afgelei is. Teen 50 nC is verskeie tipes beskryf, en blaarslaai verskyn dikwels in Middeleeuse geskrifte. Gedurende die 16de tot 18de eeue is baie rasse in Europa ontwikkel, en teen die middel van die 18de eeu is kultivars beskryf wat vandag nog in tuine gevind word. Europa en Noord-Amerika het oorspronklik die mark vir blaarslaai oorheers, maar teen die laat 1900s het die gebruik van blaarslaai oor die ganse wêreld versprei.