Bissau is die hoofstad vanGuinee-Bissau. Die stad is geleë langs dieGebarivermonding, langs dieAtlantiese Oseaan. Die stad het 'n geskatte bevolking van 407 424 (2007) en is die land se grootste stad, belangrikste hawe, en administratiewe en militêre sentrum.Grondboontjies, hardehout, kopra, palmolie enrubber is die hoofprodukte. Die stad is in1687 deurPortugal gestig as 'n vestingshawe en handelsentrum. In1942 word dit die hoofstad van Portugees-Guinee maar word dié status is later,1973-74, aan Madina do Boe gegee.
Die stad is bekend vir sy jaarlikse karnaval. Ander trekpleisters is onder andere die Fortaleza d'Amura-barrakke (wat die guerrilla-vegter en politikusAmílcar Cabral semausoleum bevat), die Pidjiguiti-gedenkbeeld (toegewy aan die dokwerkers wat in die Bissau dokstaking op3 Augustus1959 gesterf het), die Guinee-Bissau Nasionale Kunsinstituut, Bissau Nuwe Stadion en plaaslike strande. Baie geboue in die stad is geruïneer tydens die Guinee-Bissau Burgeroorlog, insluitend die Guinee-Bissau Presidensiële Paleis en die Bissau Franse Kulturele Sentrum. Die stadskern is ook steeds onderontwikkeld.
Dielughawe wat Bissau bedien is Osvaldo Vieiro Internasionale Lughawe.
Die stad is in 1687 deur Portugal gestig as 'n versterkte hawe en handelsentrum.[1] In 1942 word dit die hoofstad van Portugees-Guinee.
Na die onafhanklikheidsverklaring deur die anti-koloniale guerrilla's diePartido Africano para a Independência da Guiné e Cabo Verde (PAIGC) in 1973, is die hoofstad van die rebelle-gebiede Madina do Boe verklaar, terwyl Bissau die koloniale hoofstad bly. Toe Portugal onafhanklikheid verleen het, na die militêre staatsgreep op 25 April inLissabon, word Bissau diehoofstad van die nuwe onafhanklike staat.
Bissau was die toneel van intense gevegte tydens die begin en einde van die Guinee-Bissau-burgeroorlog in 1998 en 1999.[2]
- ↑Roman Adrian Cybriwsky,Capital Cities around the World: An Encyclopedia of Geography, History, and Culture, ABC-CLIO, VSA, 2013, bl. 53
- ↑Uppsala Conflict Data ProgramConflict Encyclopedia, Guinea Bissau: government, in depth, besoek op 12 Julie 2013,http://www.ucdp.uu.se/gpdatabase/gpcountry.php?id=68®ionSelect=2-Southern_Africa#Geargiveer 31 Desember 2013 opWayback Machine
- Richard Andrew Lobban, Jr. and Peter Karibe Mendy,Historical Dictionary of the Republic of Guinea-Bissau, 3rd ed. (Scarecrow Press, 1997,ISBN 0-8108-3226-7) bl. 91-96
Uitsig van Bissau van die Gebariver
Ministério da Justiça - Guinea-Bissau se Ministerie van Justisie
Che Guevara-plein, Bissau
Publieke vervoer in Bissau
Monument in die stadskern
Administrasie gebou van die Portuguese energiefirma
GalpAn Economic Community of West African States (ECOWAS) tak in Bissau
African Party for the Independence of Guinea and Cape Verde (PAIGC) se hoofkantoor
Woongebied in Bissau
Guinea-Bissau se Presidensiële Paleis
Franse Kultuur Sentrum in Bissau
Sentrale Poskantoor
Museu Etnográfico Nacional - Nasionale Etnografiese Museum
Combatentes da Liberdade Laan, Bissau
Guinee-Bissau Doeane-agentskap,Porto de Bissau
Een van die hotelle in die stad
Hawe van Bissau