Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Bishop Lavis

Koördinate:33°56′55″S18°34′33″O / 33.94861°S 18.57583°O /-33.94861; 18.57583
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Bishop Lavis
Voorstad
Bishop Lavis is in Cape Town
Bishop Lavis
Bishop Lavis
Koördinate:33°56′55″S18°34′33″O / 33.94861°S 18.57583°O /-33.94861; 18.57583
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
Metropolitaanse MunisipaliteitKaapstad
Oppervlak
 • Totaal2,58 km2 (1,00 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal26 482
 • Digtheid10 000/km2 (30 000/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
Strate: 7490
Skakelkodes021

Bishop Lavis is 'nvoorstad vanKaapstad, geleë op dieKaapse Vlakte van dieWes-Kaap,Suid-Afrika.

Misdaad

[wysig |wysig bron]

Op Vrydag, 12 Julie 2019, is dieSuid-Afrikaanse Nasionale Weermag in onder meer Bishop Lavis ontplooi om hoë vlakke vanmisdaad, wat dieSuid-Afrikaanse Polisiediens tot op daardie stadium nie onder beheer kon bring nie, te takel.[1]

Sluipmoord in 2020

[wysig |wysig bron]

'n Hoëprofiel-luitenantkolonel in dieSuid-Afrikaanse Polisiediens, Charl Kinnear, is op 18 September2020 voor sy huis in Bishop Lavis vermoor.[2] Hy is verskeie kere in die bolyf geskiet terwyl hy in die bestuurdersitplek van sy wit Toyota Corolla gesit het, wat tot sy dood gelei het.[3]

Kinnear was die afdelingsbevelvoerder vir die Wes-Kaapse teenbende-eenheid, en was op daardie stadium besig met verskeie ondersoeke na vuurwapenmisdaad wat moontlik ook hooggeplaasdes in die Polisie kon betrek het. Voormalige pro-rugbyspeler Zane Killian is kort ná die voorval in hegtenis geneem en van Kinnear se moord aangekla.[4][5] Kinnear se selfoon is 2 116 keer onwettig opgespoor deur Killian voor sy moord met behulp van 'n gespesialiseerde selfoonopsporingstoestel en sagteware.[6]

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "South Africa is deploying the army to fight crime – here's how the murder rate compares to an actual war zone".BusinessTech (in Engels). 12 Julie 2019.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2019. Besoek op12 Julie 2019.
  2. "PICS | Murder of top cop Charl Kinnear captured in chilling CCTV footage".News24 (in Engels). Besoek op31 Januarie 2022.
  3. Hyman, Aron (18 September 2020)."Anti-gang unit section commander Charl Kinnear shot dead in Cape Town".TimesLIVE (in Engels). Besoek op31 Januarie 2022.
  4. NOMBEMBE, PHILANI (25 September 2020)."Ex-rugby player Zane Killian charged with murder of cop Charl Kinnear".TimesLIVE (in Engels). Besoek op31 Januarie 2022.
  5. Cruywagen, Vincent (25 September 2020)."Age of the Assassin: Newsflash : Kinnear suspect, Zane Killian, believed to have played a key role in assassination plot, charged with murder".Daily Maverick (in Engels). Besoek op31 Januarie 2022.
  6. Cruywagen, Vincent (20 September 2020)."Age of the Assassin: Who tracked top detective Kinnear's phone up to the minute he was gunned down?".Daily Maverick (in Engels). Besoek op31 Januarie 2022.
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
Stadskern
Noordelike voorstede
Atlantiese seekus
Suidelike voorstede
Suidelike Skiereiland
Kaapse Vlakte
Valsbaai
Weskus
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Bishop_Lavis&oldid=2724947"
Kategorie:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp