'n Fragment van die geskrif, hoofstuk 11:32 (enkele eeue voor Christus)Bhagavad Gita (19de-eeuse manuskrip)
DieBhagavad Gita (letterlik "Lied van de Heer") is een van die belangrikste heilige boeke van dieHindoegeloof.[1] Dit is duisende jare gelede geskryf en bevat leerstellings wat blykbaar van die godKrishna afkomstig is. Baie Hindoes glo dat Krishna 'n inkarnasie van die opperweseWisjnoe in menslike vorm was.
In die boek is Krishna in gesprek metArjuna, 'n boogskutter, voordat die Kuruksjetra-oorlog begin. Krishna vertel Arjuna dat hy sy plig (dharma genoem) moet nakom en gaan veg. Arjuna aarsel, want hy sal teen sy vriende moet baklei, maar op die einde luister hy tog na Krishna. Hiervoor sal hy nie vir sy sondes vir ewig na die onderwêreld gelei word nie, maar sal hy gereïnkarneer word.