Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Bevolkingsdigtheid

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Bevolkingsdighteid (mense pervierkante kilometer) per land, 2015
Bevolkingsdigtheid (mense per vierkante kilometer) per land, 2006
Bevolkingsdigtheid (mense per vierkante kilometer) -kaart van die wêreld in 1994. In vergelyking met dieewenaar lyk dit of die grootste aantal menslike bevolking in dieNoordelike Halfrond leef.
Bevolkingsdigtheid (mense per vierkante kilometer) -kaart van die wêreld in 1994.
Woestyne rondom die wêreld. Vergelyk dit met die ander kaarte hier.

Bevolkingsdigtheid (inlandbou: staande lewende hawe en oes op die lande) is 'n maatstaf vanbevolking per eenheidsgebied of eenheidsvolume; dit is 'n tipe hoeveelheid van aantal digtheid. Dit word gereeld by lewendeorganismes en in die meeste gevalle bymense toegepas. Dit is 'n belangrikegeografiese term.[1]

Biologiese bevolkingsdigtheid

[wysig |wysig bron]

Biologiese bevolkingsdigtheid is die bevolking verdeel deur die totale grondoppervlakte of watervolume, soos dit toepaslik is.[1] Dit is 'n mate van die aantal mense of organismes per eenheid area. Variasies hierop sluit in die bevolking per eenheid woonbare, bewone, produktiewe (of potensieel produktiewe) of gekultiveerde area. 'n Sekere geografiese gebied het 'ndrakapasiteit, wat die maksimum bevolking voorstel wat onderhou kan word. Sekere waarnemers van menslike gedrag glo dat die idee van drakapasiteit ook op menslike bevolkings toegepas kan word, en dat omgekeerde bevolkingsgroei kan lei tot 'n "Malthusiese katastrofe"; hierdie standpunt word deur andere betwis.

Lae-densiteit kan 'n uitwissings-spiraal veroorsaak wat verder na verminderde vrugbaarheid kan lei. Dit is vernoem na die wetenskaplike wat dit geïdentifiseer het – die Allee-effek. Voorbeelde van die oorsake hiervan in lae-bevolkingsdigtheid sluit in:[2]

  • Toenemende probleme om seksmaats te kry
  • Toename van inteling

Menslike bevolkingsdigtheid

[wysig |wysig bron]
Monaco inSuid-Europa, is tans die rekordhouer as die digsbevolkte nasie in die wêreld.
Mongolië is die land met die ylste bevolking in die wêreld. 
Dié bevolkingskartogram van dieEuropese Unie gebruik gebiede en kleure om die bevolking aan te dui.

Met die berekening van mense word die bevolkingsdigtheid volgens die aantal mense in 'n gebied bepaal. Dit word gewoonlik per vierkante kilometer of vierkante myl bereken (dit kan, byvoorbeeld water- of gletsergebiede insluit, of uitsluit). Oor die algemeen word dit vir 'n distrik-, stad-, land-, vir 'n gebied-, of vir die hele wêreld bereken.

Die wêreld se bevolking is sowat 7,000,000,000[3] en die  Aarde se totale gebied (insluitende land en water) is 510,000,000 vierkante kilometer (197,000,000 vierkante myl).[4] Die wêreldwye mensbevolkingsdigtheid is dus sowat 7,000,000,000 ÷ 510,000,000 = 13.7 per vierkante kilometer (35 per vierkante myl). Indien net die Aarde se landoppervlakte van 150,000,000 vierkante kilometer (58,000,000 vierkante myl) in ag geneem word, is die mens se bevolkingsdigtheid 47 per vierkante kilometer (120 per vierkante myl) meer. Dit sluit alle vastelande en eilande se grondgebiede asook Antarktika in. Met Antarktika uitgesluit, is die bevolkingsdigtheid meer as 50 mense per vierkante kilometer (meer as 130 per vierkante myl).[1] Meer as die helfte van die aarde se landmassa bestaan uit onherbergsame gebiede, wat nutteloos is vir menslike habitat, soos woestyne en hoë berge. Mense is geneig om rondom seehawens en varswaterbronne saam te trek. Daarom bied dié syfer dus nie juis enige behulpsame maatstaf van die mens se bevolkingsdigtheid nie.

Verskeie van die mees digbevolkte gebiede in die wêreld is stadstate, mikrostate, en, afhanklike gebiede.[5][6] Hierdie gebiede is relatief klein met hoë verstedelikingsvlakke, met ekonomies gespesialiseerde stadsbevolking wat ook op landelike hulpbronne van buite staatmaak. Dit bewys die verskil tussen hoë bevolkingsdigtheid en oorbevolking.

Stede met hoë bevolkingsdigtheid word, deur sommiges, as oorbevolk beskou, hoewel dit afhang van faktore soos die gehalte van behuising en infrastrukture en toegang tot hulpbronne.[7] Meeste van die digbevolkte stede is in Suidoos-AsiëKaïro en Lagos inAfrika en val ook in hierdie kategorie.[8]

Mees digbevolkte lande/streke

[wysig |wysig bron]
Volgens bewoonde streke
[wysig |wysig bron]
StreekBevolkingGebied per vierkante kilometerDigthteid

(Bevolking per vierkante kilometer)

Indo-Gangetic Plain (Punjab, Pakistan tot Bangladesj en Assam)1 miljard1,000,0001000
Groter Noord-Chinese Vlaktes600 miljoen700,000857
Sichuan Basin110 miljoen250,000440
Java (eiland)145 miljoen130,0001115
Taiheiyo Belt (Japan)85 miljoen60,0001417
Suid-oos Chinese kus (Guangdong,Hongkong,Fujian)140 miljoen100,0001400
Nyldelta50 miljoen50,0001000
Suid-Indië (Tamil NaduTamil, Pondicherry, Bangalore en Kerala)120 miljoen170,000706
Wes-Indiese Kus (Maharashtra en Gujarat Kus)70 miljoen100,000700
Colombiaanse Andes (Colombia)40 miljoen170,000235
Noord-Europa (Benelux,Noordryn-Wesfale)44 miljoen110,000400
Noord-Oos Amerikaanse Kus45 miljoen100,000450
Suid-Sentraal Engeland40 miljoen60,000667
Sentraal- Meksiko40 miljoen100,000400
Luzo-eiland50 miljoen105,000476
Suid-Korea50 miljoen100,000500
Suidoostelike Brasiliaanse Kus50 miljoen100,000500
Volgens politieke grense
[wysig |wysig bron]
Bevolking meer as 1 000 000
RangordeLand/streekBevolkingOppervlak (vierkante kilometer)Bevolkingsdigtheid per vierkante kilometer
1Vlag van Singapoer Singapoer5 535 0007197698
2Vlag van Hongkong Hongkong7 234 8001 1046553
3Palestinian flag Palestynse Owerheid1 816 3793605045
4Vlag van Bahrein Bahrein1 234 5677501646
5Vlag van Bangladesj Bangladesj157 457 000147 5701067
6Vlag van Republiek China Republiek China (R.O.C)23 361 14736 190646
7Vlag van Mauritius Mauritius1 288 0002 040631
8Vlag van Libanon Libanon5 851 00010 452560
9Vlag van Suid-Korea Suid-Korea51 529 33899 720517
10Vlag van Rwanda Rwanda11 262 56426 338428
Met 'n bevolking meer as 10 000 000
RangordeLand/streekBevolkingOppervlak (vierkante killometer)Bevolkinsdigtheid per vierkante kilometer
1Vlag van Bangladesj Bangladesj157 457 000147 5701067
2Vlag van Republiek China Republiek China (Taiwan)23 361 14736 190646
3Vlag van Suid-Korea Suid-Korea51 529 33899 720517
4Vlag van Rwanda Rwanda11 262 56426 338428
5Vlag van Nederland Nederland16 919 13941 526407
6Vlag van Indië Indië1 263 680 0003 185 263397
7Vlag van Haïti Haïti10 413 21127 750375
8Vlag van België België11 239 75530 528368
9Vlag van Filippyne Filippyne102 078 300300 076340
10Vlag van Japan Japan127 290 000377 944337

Ander metodes van meting 

[wysig |wysig bron]

Hoewel rekenkundige digtheid die algemeenste manier van meting vir bevolkingsdigtheid is, is daar verskeie ander metodes ontwikkel om 'n meer akkurate meting van bevolkingsdigtheid oor 'n spesifieke gebied te meet.

  • Rekenkundige digtheid: Die totale aantal mense/gebied of land (gemeet in vierkante kilometer of vierkante myl).
  • Fisiologiese digtheid:Die totale bevolking/gebied van landbougrond.
  • Landboudigtheid: Die totale landelike bevolking/gebied van landbougrond.
  • Residensiële digtheid: Die aantal mense wat in 'n beboude gebied/totale gebied van 'n land se residensiële gebied bly.
  • Stedelike digtheid: Die aantal mense wat in 'n stedelike gebied/totale stedelike gebied van 'n land bly.
  • Ekologiese optimum: Die bevolkingsdigtheid wat deur natuurlike hulpbronne gesteun word.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,11,2Matt RosenbergPopulation Density.
  2. Minimum viable population size.
  3. U.S. & World Population Clocks.
  4. WorldGeargiveer 5 Januarie 2010 opWayback Machine.
  5. Department of Economic and Social Affairs Population Division (2009)."World Population Prospects, Table A.1"(PDF). 2008 revision. United Nations. Besoek op12 Maart 2009.{{cite journal}}:Cite journal requires|journal= (hulp)
  6. The Monaco government uses a smaller surface area figure resulting in a population density of 18,078 per km2
  7. Human Population.
  8. The largest cities in the world by land area, population and density.
Normdata: NasionaalEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Bevolkingsdigtheid&oldid=2829201"
Kategorieë:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp